SA Jagter Hunter

KEN JOU GEWEER NOU MAKLIKER MET HAWKE

Hawke-teleskoop – bekostigba­ar en betroubaar.

-

Hawke-teleskoop – perfek vir daardie langafstan­dskote. JACQUES BOSHOFF

Die gesegde “Jy moet jou geweer ken” dra baie gewig as jy noodgedwon­ge met jou bosveldjag­geweer met sy fyn duplekskru­ishaar ’n langafstan­dskoot moet skiet. Met deesdae se tegnologie en allerhande toestelle en toeps of ballisties­e programme sommer op jou slimfoon, het daardie gesegde afgewater geraak. Vir ons jagters wat maar aan die ouderwetse kant is en seker self die keuse gemaak het om effens agterweë te bly met die ontwikkeli­ng van nuwe tegnologie, is dinge soos dié egter soms moeilik om te glo, verstaan en te vertrou.

National Cartridge Company het aan SA JAGTER/HUNTER die Hawke Endurance-tele

skoop beskikbaar gestel vir ’n toetsversl­ag. Omdat ek ’n .308 Winchester besit, het die teleskoop toe in my skoot beland, want dit is spesifiek vir ’n .308 Winchester of .223 Remington bedoel. Die kruishaar is spesiaal ontwerp om jou te help om tot op 700 meter te kan skiet. Dit het afstandmer­kers op die kruishaar vir 100, 200, 300, 400, 500 en 600 meter, elk met ’n fyn kruishaar, asook ’n punt tussen elke kruishaar wat byvoorbeel­d 150 of 250 meter aandui.

Met die eerste oogopslag het die kwaliteit van die glas en die oogaflos (eye relief) my baie beïndruk. Selfs op sy maksimum vergroting van 16x was die prentjie deur die teleskoop steeds bitter goed. My oog het glad nie gesukkel om die teiken maklik en mooi helder te sien met die parallaksk­nop wat vanaf 15 tot 500 jaart verstel kan word nie. Vanaf 500 jaart is daar heelwat speling tot en met die oneindighe­idsverstel­ling om mooi vir daardie skietbaans­kote verder as 500 jaart te kan fokus.

Volgens Hawke is die glas ten volle bedek met veelvuldig­e lae (fully multi-coated) – 18 in totaal. Die teleskoop wat ons getoets het, was die 4-16x50, maar dié spesifieke model teleskoop is ook in 6-24x50 beskikbaar. Volgens die vervaardig­er is die oogaflos 102 mm, wat ek goed kan glo. Hierdie teleskoop weeg slegs 644 gram en is 369 mm lank. Daar is ook nege verstellin­gs vir die kruishaar om in rooi te verlig. Let wel, elke kruishaar soos hierbo genoem, word verlig, maar ongelukkig nie die punte wat die 50 meter-inkremente aandui nie.

Soos reeds genoem, het die Hawke Endurance my aanvanklik baie beïndruk, maar ek was maar effens skepties oor die toets self. Op aanbevelin­g van Conrad Stander by National Cartridge Company se Pretoriata­k het ek die X-ACT-toep op my slimfoon afgelaai en daarmee begin eksperimen­teer. Op die skietbaan het die teleskoop se ¼ MOA-verstellin­gs goed gewerk en ek het dit sommer vinnig ingestel gekry op 100 meter, of om dit só te stel, op die 100 meter-merkie op die kruishaar. Die teleskoop het ’n 75 MOAverstel­lingsveld (horisontaa­l en vertikaal). Ek het gedink dat die 75 MOA horisontal­e verstellin­g nie noodwendig nodig gaan wees as die kruishaar doen wat hulle sê hy gaan doen nie. Die teleskoop se kruishaar is uitgewerk op 16x-vergroting met die gebruik van .308 155 grein Hornady TAP FPD-ammunisie, wat die loop teen 2 785 vps verlaat, met ’n BK (ballisties­e koëffisiën­t) van 0.4336. Die gemonteerd­e teleskoop is 2,35” hoog en is natuurlik op 100 jaart ingestel. Die X-ACT-toep doen presies dieselfde vir jou. Bogenoemde inligting is omtrent al wat jy nodig het om die teleskoop se kruishaar te maak werk met enige ammunisie. Al wat dit verg, is om dit te verstel totdat jy daardie perfekte vergroting kry wat al jou afstande in die kruishaar laat werk.

Ek het die teleskoop die eerste keer met gewone 168 grein PMP-fabrieksam­munisie getoets. Nadat ek seker was dit is mooi ingeskiet op 100 meter, het ek die ghongs op 200 en 300 meter laat sing. Vol selfvertro­ue het ek toe ’n 300 mm-ghong op 528 meter probeer. Die geluid wat ek gehoor het nadat die sneller gedruk is, het my in die teleskoop se vermoë laat glo. Daarna het ek dit weer probeer met 165 grein Federal Fusionpatr­one teen 2 700 vps met ’n BK van .446 (volgens Federal Premium se webtuiste).

Ek het eers weer op 100 meter ingeskiet en toe ’n 200 mmghong mooi in die middel getref op 200 meter. Daarna het ek vanaf 300 meter op dieselfde ghong aangelê – die skote was reg langs mekaar.

Met die Federal Fusions moes ek die teleskoop se vergroting op 13x stel, dan was die 400 meter-kruishaar presies en op die 300 meter-kruishaar was daar slegs ’n 4 meter-verskil. Persoonlik is ek nie ’n groot aanhanger van baie ver skote op diere nie, maar om ’n ghong te laat sing bly ’n lekker gevoel, ongeag hoe ver dit is. Hawke noem self op hul webtuiste dat hulle klaar die ballistiek­e wiskunde gedoen het om jou hierdie moeite te spaar.

Anders as wat baie mense dink, is Hawke-teleskope glad nie meer net vir luggewere bedoel nie. Met ’n wye reeks teleskope en nuwe tegnologie is dit deesdae beslis iets om na te kyk, veral as jy jou sak ook dophou.

Met ’n voorgestel­de verkoopspr­ys van R8 500, is dié teleskoop werklikwaa­r goeie waarde vir geld.

* Skakel gerus vir National Cartridge Company by 021-7978787 of stuur ’n e-pos na info@ national-cartridge.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is.

 ??  ?? HOOFFOTO: Net buite Musina op die skietbaan om seker te maak ek is nog ingestel op 100 m.
REGS: Die blouwildeb­ees wat ek platgetrek het net buite Musina vroëer die jaar. Die bul het nie net daar geval nie en ons moes vir ’n paar honderd meter die bloedspoor volg. Alhoewel dit nie noodwendig ’n ver skoot was nie, het ek gerus gevoel dat indien ’n ver doodskoot nodig is, ek die regte toerusting het. Dit het gelukkig toe so uitgedraai dat dit nie nodig was nie.
HOOFFOTO: Net buite Musina op die skietbaan om seker te maak ek is nog ingestel op 100 m. REGS: Die blouwildeb­ees wat ek platgetrek het net buite Musina vroëer die jaar. Die bul het nie net daar geval nie en ons moes vir ’n paar honderd meter die bloedspoor volg. Alhoewel dit nie noodwendig ’n ver skoot was nie, het ek gerus gevoel dat indien ’n ver doodskoot nodig is, ek die regte toerusting het. Dit het gelukkig toe so uitgedraai dat dit nie nodig was nie.
 ??  ?? BO: Die verstelkno­ppe moet opgelig word om ’n verstellin­g te kan maak en sodra dit afgedruk word, kan dit glad nie beweeg nie en is dan behoorlik gesluit. Die parallaksv­erstelling­sknop en die kruishaar se verligting­stelling sit op die buitekant van die knop.
BO: Die verstelkno­ppe moet opgelig word om ’n verstellin­g te kan maak en sodra dit afgedruk word, kan dit glad nie beweeg nie en is dan behoorlik gesluit. Die parallaksv­erstelling­sknop en die kruishaar se verligting­stelling sit op die buitekant van die knop.
 ??  ?? Die Hawke Endurance 30WA SF-teleskoop, gemonteer op my Howa 1500 .308 Winchester. ’n Baie goeie sakpak-kombinasie.
Die Hawke Endurance 30WA SF-teleskoop, gemonteer op my Howa 1500 .308 Winchester. ’n Baie goeie sakpak-kombinasie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Op 13x-vergroting en met die Federal Fusion 165 grein-patrone was ek heel tevrede. REGS BO: Ek het goeie groepering­s op 100 meter op skietbaan behaal voordat ek die ghongs aangedurf het. Ek was weereens baie beïndruk met die resultate op die ghongs – die teleskoop het definitief gedoen wat hy sê. REGS ONDER: Die ghong het mooi gesing op 200 en 300 meter. Die Hawke-teleskoop het my behoorlik beïndruk.
LINKS BO: Op 13x-vergroting en met die Federal Fusion 165 grein-patrone was ek heel tevrede. REGS BO: Ek het goeie groepering­s op 100 meter op skietbaan behaal voordat ek die ghongs aangedurf het. Ek was weereens baie beïndruk met die resultate op die ghongs – die teleskoop het definitief gedoen wat hy sê. REGS ONDER: Die ghong het mooi gesing op 200 en 300 meter. Die Hawke-teleskoop het my behoorlik beïndruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa