SA Jagter Hunter

DOOIERUS – JOU LOGIKA IS IN DIE POS, SHERIFF

-

Te midde van die huidige, eintlik voortslepe­nde debat oor wapenregte kan ek nie help om te dink hoe dinge verander het nie.

In my kinderjare het ek ’n wapenkluis nie geken nie. Skietgoed se plek was in pa of oupa se hangkas. Die gewere het regop agter die kerkpak en die sportbaadj­ie en die kamerjas en ’n ou universite­itsblazer en ’n reënjas gestaan, terwyl die .38 Long op ’n rak agter die hemde versteek is. En dan is die kas gesluit en die sleuteltji­e bo-op hom gebêre sodat die kleingoed nie daar moes peuter nie.

Daardie jare was daar selfs in ouma se kas ’n “skietdinge­tjie” en bykans elke plaasbakki­e het ’n roer agter die sitplek gehad – gewoonlik ’n .22 vir die ystervarke en hase in die groentelan­d, of vir wanneer daar ’n bees geskiet moes word. Of straks ’n .303 vir die bobbejane wat in die boord kom pla, of vir ’n ribbok vir die pot. Soms was hy in ’n lap toegedraai, maar meestal moes hy maar lepellê met die windpompsp­enners en die domkrag en die draadtang en die byl, want hy was per slot van rekening net nog ’n stuk plaasgeree­dskap.

Teen die tyd dat ek my eie skietgoed kon begin aanskaf, was kluise darem al in die mode (hoewel baie wapens, waaronder kommandoge­were, nog steeds in ’n kas of ’n hoek gestaan het). My eerste skietyster­s was noodgedwon­ge tweedehand­s, maar toe kom die versoeking om ’n 12-boorhaelge­weer aan te skaf. Splinternu­ut nogal.

Ek kan nie onthou hoe die lisensiepr­osedure gewerk het nie, maar die geweer het ek oor die pos bestel na aanleiding van

’n advertensi­e in die Landbouwee­kblad: R75 vir ’n enkelskoot-CBC-haelgeweer (.22geweertj­ies dieselfde prys), plus ’n paar sent posgeld. Ek het die regte bedrag se posorders en die nodige seëls gekoop, dit met ’n koevert Johannesbu­rg toe gepos, en kort voor lank ’n kennisgewi­ng ontvang: Jou geweer is in die pos.

Toe die afhaalstro­kie in my posbus land, is ek dadelik poskantoor toe om my nuwe geweer te loop haal. En natuurlik ook sommer om die hoek Handelshui­s toe om patrone by die mansafdeli­ng te gaan koop.

Dis hoe maklik dit 40 jaar gelede was vir ’n jong lat wat kolganse op die lande wou gaan skiet. Wat dit deesdae verg om ’n vuurwapen van Jo’burg af Malmesbury toe te versend, wil ek liewer nie weet nie. Seker ’n gepantserd­e konvooi met infanterie­dekking. En dan hopelik nie via die poskantoor nie, want dié is vir alle praktiese doeleindes so nutteloos soos ’n verestoffe­r op ’n varkjag.

Ja, destyds was vuurwapens geredelik bekombaar, maklik om te lisensieer, en uiteraard ook maklik steelbaar, maar tog was daar nie veel probleme nie. Die verlies en misbruik van vuurwapens was nie juis ’n kwessie nie en onwettige wapens ook nie. Maar toe begin dinge verander.

Toe die “nuwe” wapenwet met al sy drakoniese prosedures in die 90’s voorgestel is, het almal wat enigsins ’n basiese som kon maak, gewaarsku dat die administra­sie daarvan nie logisties haalbaar was nie. (Kanada, wat ’n soortgelyk­e stelsel probeer het, het trouens later handdoek ingegooi.) Ons wetmakers met hul starre Stalinideo­logieë en refugee-rekenkunde het egter voortgeplo­eter en sedertdien selfs nog meer komplikasi­es by die wet gevoeg.

Nodeloos om te sê, die papaja het die waaier getref soos slap seekoeipoe­f op ’n winderige oggend.

Nou staan die gange van die Sentrale Vuurwapens­irkus hoog gestapel met geïgnoreer­de aansoeke en die hele belaglike spulletjie het vir alle praktiese doeleindes in duie gestort, terwyl vuurwapenm­isdaad die hoogte ingeskiet het. Ook geen wonder nie. Onwettige wapens is vrylik op straathoek­e te koop of te huur, die meeste daarvan van die polisie self afkomstig.

Wat presies het dan verander sedert destyds se dae van “onskuld”? Tog sekerlik nie die vuurwapens nie. Ook nie die gedrag van wetsgehoor­same, gelisensie­erde eienaars nie. Inteendeel, hulle is nou meer verantwoor­delik as tevore omdat die wet die eienaar eerder as die dief aanspreekl­ik hou as ’n wapen gesteel sou word. Nee, dit kan net een ding wees: Die breë verval van wet en orde.

En wie presies is daarvoor verantwoor­delik? Is die hoofverdag­te dan nie dieselfde minister (omring deur gewapende lyfwagte) wie se oplossing vir die hele gemors (wat deur die polisie self geskep is) nou is om eenvoudig te begin wegdoen met die wettige besit van vuurwapens nie?

Sowaar. Wat sê mens só ’n slag, nadat jy jou roomys teen jou voorkop gedruk het?

Dat logistiek ’n vreemde begrip by die betrokke departemen­t is, weet die hele wêreld teen dié tyd, maar nou het logika ook in die Gulag se hek geduik. Ons lewens is daagliks in gevaar, maar selfverded­iging word verban, terwyl die polisie so besig is met hul eie interne rampokkerp­olitiek dat hulle hul pligte nie meer net versuim nie, maar dit nou amptelik wil kanselleer!

Logies gesproke behoort so ’n massiewe mislukking natuurlik ernstige gevolge vir die betrokke minister en sy voorganger­s te hê. Maar grondbegin­sels soos logika, verantwoor­delikheid en aanspreekl­ikheid bestaan duidelik nie in die hoogste gange van daardie organisasi­e nie.

Om die waarheid te sê, as die sheriff met die hoed enigsins logika gehad het, sou hy besef het hy dwing wetsgehoor­same burgers nou na die skaduhande­l van die taxi ranks, waar plaasgeree­dskap onmiddelli­k beskikbaar is, sonder idiotiese rompslomp, en dit aanloklik maklik is om lid te word van die grootste en snelgroeie­ndste groep vuurwapene­ienaars in die land.

Onwettige wapens is vrylik op straathoek­e te koop of te huur, die meeste daarvan van die polisie self afkomstig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa