SA Jagter Hunter

AS DIE DONKERTE BEGIN LYF WEGSTEEK…

- JOHAN VAN WYK

As die donkerte begin lyf wegsteek, veral vroeg soggens, kan ons seker wees van een ding: Die jagseisoen vir dié jaar is iets van die verlede! Ek hoop van harte dat waar die jagseisoen jou ook al geneem het, dit suksesvol was – of dit nou met die N1-hoofweg langs was na jou bestemming of op ’n afgeleë tweespoorp­aadjie waar die opgewonden­heid en afwagting toeneem namate die plaashek naderkom. Ek dink ek praat namens baie as ek sê die meeste van ons het gevoel ons moes baie verlore jagtyd inhaal ná 2020 se jagseisoen!

Wat die tydskrif betref, herinner ek julle graag dat ons, noudat die 2021-jagseisoen iets van die verlede is, terugkeer na tweemaande­likse uitgawes. Soos in die onlangse verlede, verskyn die November/Desember-uitgawe dus volgende, gevolg deur die Januarie/Februarie- en Maart/ April-tydskrifte. Die goeie nuus is egter dat SA JAGTER/HUNTER vanaf hierdie uitgawe ’n addisionel­e agt bladsye se interessan­te artikels sal bevat. Julle het dus veel meer om na uit te sien!

Iets wat my begin opval het, is dat die gegons oor die beoogde wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens die laaste maand of so taamlik bedaar het. Dit is dalk net mý gewaarword­ing, maar ek vermoed diegene in magsposisi­es het ná die onlangse, grootskaal­se onluste en plundery in KwaZuluNat­al en Gauteng dalk besef dat wettige, wetsgehoor­same vuurwapene­ienaars soms ’n regering se grootste bondgenoot in tye van nood kan wees.

Ek twyfel nie ’n enkele oomblik dat die stryd om die beoogde wysigingsw­et van die tafel af te kry, enigsins verby is nie. Dat die regering en veral die SAPD dalk stilletjie­s besef het SuidAfrika se wettige vuurwapene­ienaars gaan nie net die handdoek ingooi en gedwee toelaat dat hulle geboelie word nie, is egter gewis. Die tyd vir besware van die publiek se kant af teen die gepoogde wysiging is verleng. Ek wil julle dus aanmoedig om jul stem dik te maak in dié verband as julle dit nie reeds gedoen het nie. Wees ook gerus dat die verskeie jag- en vuurwapenr­egte-organisasi­es, waarvan die SAJWV een van die groter rolspelers is, onverpoosd sal voortgaan om vir julle regte in hierdie verband te baklei.

Met die lente wat sy groen voelers uitsteek, is dit nou reeds ’n goeie tyd om volgende jaar se jagseisoen te begin beplan. Dis ook ’n goeie tyd om toerusting wat nie meer bruikbaar is nie, te vervang en ons handelaars te ondersteun. Ek merk ook op dat verskeie jagplase reeds bespreking­s vir die 2022-jagseisoen begin aanvaar. Beplanning en afwagting is immers net so ’n inherente deel van die jag self as om die sneller te druk. Daar is dus geen beter tyd as nou om jul planne vir 2022 agtermekaa­r te kry nie.

Soos altyd, wens ek julle vrede en voorspoed toe tot ons mekaar weer om die kampvuur ontmoet.

Wees veilig!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa