SA Jagter Hunter

SPORTSKIET DEUR SA JAGTERS-LEDE – ’N TUISTE VIR DIE VUURWAPENE­NTOESIAS

-

Die belangstel­ling in sportskiet onder SA Jagters se lede het die afgelope tien jaar só gegroei dat die vereniging tans die grootste sport skiet organisasi­e in Suid-Afrika is wat ledetal asook skietaktiw­iteite betref.

Vanweë die toenemende belangstel­ling in sport skiet aktiwiteit­e met die wye verskeiden­heid dissipline­s, asook lede se betrokkenh­eid op skietbane, het die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wild bewarings vereniging by die SAP D aansoek gedoe nom akkreditas­ie a s’ n sport skietveren­iging. Hierdie akkreditas­ie bied lede die geleenthei­d om sportskiet binne die struktuur van SA Jagters te beoefen.

Vuurwapen entoesiast­e wil dikwels skiet. Gesertifis­eerde en gereguleer­de skietbane bied ’n veilige omgewing waar skuts hul vaardighed­e en skietkuns kan ontwikkel en in ’n verantwoor­delike omgewing kan meeding.

SA Jagters se skietaktiw­iteite dek ’n wye verskeiden­heid skietdissi­plines wat byna elke moontlike vuurwapent­ipe insluit. Deelname begin op takvlak, met kompetisie­s en takranglys­te wat skuts die kans bied om ook op streeksvla­k deel te neem, waar takke en individue vir SA

Jagters se eie Streek-sportskiet­kleure kan kwalifisee­r.

Skuts wat by streek s byeenkomst­e kwalifisee­r, word genooi om aan SA Jagters se nasionale sport skiet kampioensk­appe vir die verskillen­de dissipline­s deel te neem.

Ten spyte van die Covid-19beperkin­gs in 2020 en 2021, is skietaktiw­iteite goed ondersteun en het junior en senior skuts goeie resultate behaal. Heelwat lede in die verskillen­de streke het SA Jagters se Stre eksport skiet kleure verwerf. Hierdie skuts berei tans voor om aan SA Jagters se onderskeie nasionale sport skiet kompetisie­s deel te neem.

Die organiseer­ders van 2021 se nasionale kampioensk­appe was genoop om die formaat van die kompetisie­s aan te pas om aan die inperking s maatreël ste voldoen. SA Jagters stel die welstand van sy sportskuts eerste en is daartoe verbind om by alle kompetisie­s en op alle skietbane aan die Covid-19-protokol te voldoen.

Sterkte aan al die deelnemers wat aan die onderskeie kampioensk­appe gaan deelneem. SA Jagters se sportskuts is ware ambassadeu­rs vir sportskiet wat geen moeite ontsien om nuwe sportskuts te verwelkom en by te staan inhul sport skiet ontwikkeli­ng nie. Die ontwikkeli­ng van junior skuts is een van die prioriteit­e waarmee die ervare sportskuts gereeld help.

Vir meer inligting oor SA Jagters se sport skiet aktiwiteit­e, tree gerus in verbinding met Nic Roets, die bestuurder verantwoor­delik vir sportskiet, by 012-808-9330 of nic@sahunt.

co.za. Nic sal belangstel­lendes na hul naaste sport skiet aktiwiteit­e verwys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa