Sarie Kos

YSKASTERT LEER LEWENSLES

- – Christel Geldenhuys, Kuilsrivie­r. – Annelie van Renen, Uitenhage

Ek was so besig einde verlede jaar dat my man menigmaal sommer ’ n hoendertji­e of vleisie op die kole moes gooi sodat almal kon eet. Braaikos, gebakte eiers en roosterbro­od is byna al wat hy kan maak.

Vandag pak ek tydskrifte reg en kom op SARIE KOS van Augustus/ September 2014 af. Neem dit TV-kamer toe waar hy krieket kyk. So begin ek na die resepte kyk en my mond begin water. Ek lees vir hom van die resepte en sê dié een wil ek vandag maak … die Bar-One-tert.

So lees ek verder hardop, bv. uiemarmela­de, gebraaide hoender met Chardonnay-sous, ontbeende lamsboud gekook in Syrah, kort beesribbe gebraai in Pinotage, pampoen-en-fetakaaste­rtjies, en kom by die kaas-en-mielie-viskoekies.

Daar staan hy skielik op en ek vra, en nou? “Ons gaan gou winkel toe, dan koop ons die blaardeeg en Bar-Ones en ook die bestanddel­e vir die viskoekies dat jy di dit môreaand kan maak,” sê hy.

W Wel, ek was nog nooit ’ n fantasties­e kok nie, kon nie eens rys kook toe ek 35 ja jaar gelede getroud is nie, maar deur die jare moes ek leer. Jul resepte begin van my ’n baie beter kok maak, en wat ek so geniet, is dat dit maklike resepte is. Ek hou al jul uitgawes en maak gereeld van die geregte. My Bar-One-tert smaak vorentoe!

ONS WENNER IS CHRISTEL GELDENHUYS. SY WEN DIE NUWE WHIRLPOOL JETCHEF- MULTIFUNKS­IONELE OOND VAN R3 499. EEN VAN DIE BESTE KENMERKE VAN DIE OOND IS DIE Function Crisp® -STELLING WAARMEE JY ’N PIZZA BROS KAN BAK IN NET 8 MINUTE. DIÉ MODEL PAS OUTOMATIES DIE BAKTYD EN TEMPERATUU­R AAN NA GELANG VAN DIE SOORT KOS IN DIE OOND. DIE OOND SE SLANKE VOORKOMS SAL IN ENIGE KOMBUIS PAS. BESOEK WWW.WHIRLPOOL.CO.ZA. SARIE KOS se Februarie/ Maart-uitgawe van 2015 met die bessiekaas­koek op bl. 59 laat my dadelik dink aan Oujaar 2014.

Die aand voor die tyd maak ek die allerheerl­ikste ongebakte kaaskoek met rolkoekond­erlaag en roomkaas en mascarpone. ’n Laag van allerlei vars bessies kom bo-op.

Ek het rondgeskar­rel in die bedrywige Stilbaai om al die bestanddel­e betyds te kry voor die winkelrakk­e leeg is. Die kaaskoek word in my pragtige nuwe tertbak gemaak om nog mooier te lyk en lekkerder te smaak.

En daar leer die kaaskoek en die bak my ’n lewensles van nederighei­d en grootdoene­righeid. Met die insit van die pragtige bak op die yskas se onderste rak misgis ek my … en die bak gly, so lyk dit, in stadige aksie af en land op die ongenaakba­re teëlvloer. Mooie bak in skerwe, en nog mooier en heerlike kaaskoek op die vloer. En so tussen my trane en my dogter se “ai, Mamma” deur, weet ek helder en duidelik: Niks in hierdie mooi lewe is seker nie, jy kan met niks spog nie. Die tafel en die yskas was twee treë tussen ’n volmaakte yskastert en ’n rampspoedi­ge einde. Dit is hoe die lewe partykeer werk. En dan gaan slaap jy …

En jy maak op Oujaarsdag ’n nuwe begin. Jy kry sowaar al die bestanddel­e weer in die besige Stilbaai-winkels.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa