Sarie Kos

HEEL GEROOSTERD­E KABELJOU MET WARM TAMATIESAL­SA

-

Hierdie resep is geïnspiree­r deur die Olympia Café in Kalkbaai, naby Kaapstad.

GENOEG VIR 4 – 6

VIR DIE WARM SALSA • 30 KERSIETAMA­TIES, GEHALVEER • 12 KNOFFELHUI­SIES • 20 – 30 SWART OLYWE, ONTPIT • 2 TAKKIES VARS ROOSMARYN • OLYFOLIE VIR BRAAI • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 30 ML BALSEMASYN • 45 ML OLYFOLIE

VIR DIE VIS • 1 GROOT (1 – 2 KG) HEEL GEKWEEKTE

KABELJOU, OF TWEE KLEINTJIES • 2 SUURLEMOEN­E • 25 ML ONGESOUTE BOTTER, GESMELT • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • ROKET OF GEMENGDE SLAAIBLARE VIR VOORSIT

Besluit eerste of jy die vis in jou ketelbraai (Weber) of oond gaan gaarmaak. Ek stem vir die ketelbraai, want dan kan jy die groente vir die salsa in die oond sit sodat alles gelyk gaar is. Steek die vuur aan so 90 minute voor jy braai. Toets die kole – hulle is reg as jy jou hand so 10 sekondes lank op roosterhoo­gte kan hou. Vir die salsa Verhit oond tot 180 °C. Plaas tamaties, knoffel, olywe en roosmaryn in ’n groot oondbraaib­ak. Sprinkel klein bietjie olyfolie, en sout en peper oor. Meng alles liggies tot tamaties bedek is met olyfolie. Plaas in oond en oondbraai 25 minute. Haal uit en laat staan 5 minute. Voeg balsemasyn en 45 ml olyfolie by en meng versigtig deur om salsa te maak. Maak nou die vis As jy dit in die oond doen, verhoog hitte tot 250 °C. Voer ’n oondbraaib­ak waarin die vis kan pas uit met bakpapier. Was die vis onder koue water en droog af met kombuishan­ddoek – droog ook af in die buik van die vis. Maak paar kepe in oppervlak van vis sodat hitte en geurmiddel­s kan intrek. Sny punte van suurlemoen­e af sodat hulle regop kan staan en halveer suurlemoen­e. Verf gesmelte botter oor vis en geur met sout en peper. Plaas suurlemoen­e en vis in oondbraaib­ak. Plaas in oond/ketelbraai en bak 15 minute of tot vis gaar en die suurlemoen taai is en die tekstuur van konfyt kry. Die vis is gaar as die vleis wegvlok van die been en die vel lekker bros is. Maak tamatiesal­sa weer warm. Plaas slaaiblare op opdienbord. Skep helfte van tamatiesal­sa oor blare. Plaas vis op blare en skep oorblywend­e salsa oor. Sit voor met gebraaide suurlemoen­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa