Sarie Kos

BARBARA SE PERI-PERI HOENDER

-

Ek sit my hoender voor met brandrissi­eolie. As jy hou van kos wat die mond brand, kan jy ’n paar druppels van die olie oor die gaar hoender sprinkel.

GENOEG VIR 4

BRANDRISSI­E-OLIE • 125 ML OLYFOLIE • 2 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • 2 GEEL HABANERO-BRANDRISSI­ES,

GEHALVEER • 2 ROOI BRANDRISSI­ES ( bird’s eye chillies) • GROWWE SOUT

• 1 HEEL HOENDER • 125 ML OLYFOLIE • 4 ROOI BRANDRISSI­ES ( bird’s eye chillies) • 5 KNOFFELHUI­SIES • SAP VAN 2 SUURLEMOEN­E • 10 ML WITWYN-ASYN • 5 ML GEROOKTE PAPRIKA • 5 ML SUIKER • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 2 X 225 G-CHORIZOWOR­SE (CHOURIÇO) • 15 ML OLYFOLIE • 50 G TAMATIEPAS­TA • 125 ML WITWYN • 1 VARS SUURLEMOEN, IN WIGGIES GESNY

Meng al die bestanddel­e vir die brandrissi­e-olie in ’n bakkie. Laat staan oornag in yskas. Plaas hoender in ’n groot bak en bedek met koue water. Laat oornag in yskas. Gooi 125 ml olyfolie, brandrissi­es, knoffel, suurlemoen­sap, asyn, paprika en suiker in bak van voedselver­werker. Meng tot gladde marinade. Geur met sout en peper. Sny chorizowor­se in die lengte in lang skywe. Verhit die 15 ml olyfolie in ’n pan en braai chorizosky­we sowat 10 minute. Voeg marinade by en braai so 5 minute. Voeg tamatiepas­ta en wyn by en laat kook sowat 10 minute. Haal af van hitte en laat afkoel. Haal hoender uit water. Sny in 4 porsies. Sny diep kepe in vleis. Plaas hoender in groot plastieksa­k en gooi marinade met chorizo oor. Maak seker al die hoenderstu­kke word goed bedek. Vou sak toe. Marineer 1 uur. Verhit oond tot 180 °C. Haal hoender uit marinade en plaas hoender in ’n oondbraaib­ak. Skep chorizo uit marinade en gooi res van marinade oor hoender. Maak bak toe met foelie en plaas in oond. Oondbak 1½ uur. Haal bak uit oond en haal foelie af. Verhit rooster-element van oond. Bedruip hoender met sous in bak en plaas onder rooster-element. Rooster tot vleis bros is. Verhit ’n riffelpan. Braai chorizo sowat 5 minute weerskante. Rangskik hoender op opdienbord en rangskik chorizo boop. Sit voor met brandrissi­e-olie en vars suurlemoen­wiggies. Ek laat die hoender oornag in water lê om die vleis plomper en sappiger te maak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa