Sarie Kos

oorskiet-varkboud

7 heerlike maniere

-

Hierdie klein, gevulde pasteitjie­s kom oorspronkl­ik van Portugal en Spanje, maar deesdae is dit veral gewild in Mexiko.

GENOEG VIR 8

VULSEL

• 40 ML OLYFOLIE

• 1 UI, FYNGEKAP

• 100 G CHORIZOWOR­S, IN KLEIN STUKKIES GESNY

• 2 GROOT ROSA-TAMATIES, IN BLOKKIES GESNY

• 500 ML GAAR GERAFELDE VARKVLEIS ( pulled pork) (RESEP OP BL. 62)

• SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER

• SAP VAN ½ SUURLEMOEN

DEEG

• 300 G (535 ML) KOEKMEEL

• 150 G (165 ML) ONGESOUTE BOTTER, IN BLOKKIES GESNY

• 1 EIER

• 45 ML KOUE WATER

• 5 ML WITWYN-ASYN

• GEKLITSTE EIER OM MEE TE VERF

Begin met die vulsel: Verhit olyfolie in ’n diep pan en braai ui tot sag en deurskynen­d. Voeg chorizo en tamaties by en braai nog sowat 5 minute. Voeg varkvleis by en meng goed. Geur met sout en peper en voeg suurlemoen­sap by. Laat heeltemal afkoel. Maak nou die deeg: Plaas meel en botter in voedselver­werker. Verwerk tot dit goed gemeng is. Voeg eier, water en asyn by. Meng tot deeg vorm. Haal deeg uit en maak toe met kleefplast­iek. Laat rus 30 minute in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg baie dun uit op ’n meelbestro­oide werkvlak. Plaas ’n piering bo-op deeg en sny 8 sirkels uit. Verf die rand van elke sirkel met geklitste eier. Verdeel vulsel in 8 hopies. Skep ’n hopie vleis in middel van elke sirkel. Vou deegtertji­es toe en druk stewig vas. Spuit ’n bakplaat met kleefweren­de kossproei en plaas tertjies op bakplaat. Verf met geklitste eier. Plaas in yskas vir sowat 20 minute voor jy dit bak. Plaas in oond en bak 30 minute. Haal uit en sit warm voor.

 ??  ?? Empanadas – varkvleis-en-chorizo pasteitjie­s
Empanadas – varkvleis-en-chorizo pasteitjie­s
 ??  ?? 1 Empanadas – varkvleis-en-chorizopas­teitjies
1 Empanadas – varkvleis-en-chorizopas­teitjies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa