Sarie Kos

In 1980 klim ek vir die eerste keer

-

in my lewe op ’n vliegtuig. Ek is opgewonde en senuweeagt­ig, want ek vlieg ver weg – Portugal toe. Al wat ek in daardie stadium van dié vreemde land geweet het, het ek gehoor by die eienaars van ’n groentewin­kel genaamd Madeira, op die hoek van Kloofnekwe­g en Burnsidewe­g in Kaapstad, naby waar ek by my ma-hulle gewoon het.

Grootoog kom ek in Lissabon aan. Dis pragtig – blou oseaan, stokou geboue, blou-en-wit teëltjies net waar jy kyk. Die aand eet ons groep in ’n klein restaurant. Op die spyskaart is die varsste vis en seekos, lekkerder kry jy nie. ’n Fado-sanger se klanke rond die ete af, en die bekoring van Portugal oorval my.

As seekos die Portugese se sterk punt is, is varkvleis die naasgewild­ste. Een van die smaaklikst­e geregte is feijoada, wat gemaak word van varkvleis en bone. Dis soos ’n bredie van geure. My weergawe daarvan is op bl. 31.

My tweede besoek aan Portugal was vir SARIE-tydskrif. Ons toer die hele land plat, van suid tot noord. Alida Vos, SARIE se voormalige adjunk-redakteur, is saam met my. Een salige middagete word afgesluit met ’n lemoen-eierpoedin­g – gemaak van eiergeel, met ’n heerlike lemoengeur. Alida praat tot vandag nog oor die poeding, so lekker was dit. Ongelukkig kon ons nie die resep kry nie, dis glo ’n familiegeh­eim, en die naam kan ons ook glad nie onthou nie. Op bl. 48 is ’n paar lemoennage­regte wat net so heerlik smaak.

Nog iets van Portugal wat my bybly, is hul koffiekult­uur. Hulle drink bica – klein koppies koffie soortgelyk aan die Italiaanse espresso – sommer so staan-staan in klein koffiewink­els. En as jy lus raak vir iets soets, is daar pastéis de nata, ’n klein vlatertjie waaraan jy heeltemal verslaaf kan raak. Sien ons resep op bl. 91.

My besoeke aan Portugal was kort, maar een ding het ek gou agtergekom: die kookkuns daar verskil nie baie van ons boerekos nie. Geen pretensie nie – net lekker huiskos.

Lekker kook!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa