Sarie Kos

5 MINUTE MET ... DAVID DONDE

-

KOFFIEKENN­ER Truth Coffee Buitenkant­straat 36 Kaapstad 021 200 0440 www.truthcoffe­e.com

VERTEL ONS MEER VAN DIE MAN AGTER TRUTH COFFEE? ’n Gebore en getoë Kapenaar. Ek het baie gereis en verlief geraak op koffie en kos op die mees vanselfspr­ekende, maar ook die mees onverwagte plekke. My koffiereis het in Langstraat in Kaapstad begin, waar ek gewerk het in ’n ateljee bokant ’n plek waar ’n bejaarde man gereeld koffiebone gebrand het. ’n Romantiese mite rondom die aromas het toe in my gedagtes begin groei. ’N PAAR JAAR GELEDE HET DIE KOFFIEBEDR­YF SKIELIK VLAMGEVAT IN SUID-AFRIKA. HET JY GEDINK DIT SOU SO GEWILD WORD? Ja, daar was ’n leemte wat gevul moes word. WAT HET JOU GEÏNSPIREE­R OM 'N KOFFIEKENN­ER TE WORD? Tydens ’n reis in Nieu-seeland ’n dekade of twee gelede het ek besef hoe ver agter ons koffiebedr­yf werklik was toe ek my eerste mikrokoffi­ebrandery besoek het. WATTER DIENS LEWER JULLE BY TRUTH COFFEE? Ons het ’n restaurant waar die klem op koffie val, ons brand ons eie bone en ons verskaf ons produk aan ander restaurant­e. Mense kan dit aanlyn by www.truthcoffe­e.com kry of by ons brandery. WAT MAAK JOU KOFFIE ANDERS AS ANDER KOFFIEKENN­ERS S’N? Die groot verskil is in die geur. Koffie hoef nie bitter te wees om vol heerlike nuanses te wees nie. Ons het nie ’n formule soos groot kommersiël­e koffieonde­rnemings nie. Ons koop die beste bone en dan laat ons die koffie praat. Ons brand die bone, proe, skryf die resultaat neer en doen dan alles weer oor tot ons voel dis reg. WAT IS JOU BESTE KOFFIEHERI­NNERING? Die eerste keer toe ek koffie geproe het wat in Truth se eie vintage-gietysterb­rander gebrand is. Dit het dadelik ons koffie se geur met 'n kerf of drie verbeter. WAT DINK JY AS MIKROBROUE­R IS DIE GROOTSTE UITDAGING IN DIE KOFFIEBEDR­YF? Om waarlik gehaltekof­fie te lewer. Daar is net ’n handjievol van ons wat dit regkry, maar ons word dikwels oor dieselfde kam geskeer as diegene wat in die algemeen nie aan die verbruiker­s se verwagting­e voldoen nie. Die ander probleem is mense wat kokende warm drankies vereis. Die koffie self kan baie warm wees, maar nie die melk nie, want jy ruïneer melk as jy dit oorverhit. En daarmee saam die wonder van die drankie. WATTER RAAD KAN JY AAN JONG KOFFIELIEF­HEBBERS GEE? Proe nuwe ervaringe net waar jy kan!

 ??  ?? Koffie hoef nie bitter te wees om vol heerlike nuanses te wees nie
Koffie
Koffie hoef nie bitter te wees om vol heerlike nuanses te wees nie Koffie
 ??  ??
 ??  ?? deur TANYA PÖHL
deur TANYA PÖHL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa