Sarie Kos

Barbara sê

-

Ek sal nooit die dag in 2007 vergeet toe ons by Aardklop op Potchefstr­oom SARIE KOS nr. 1 bekend gestel het nie. Nog voor ons stalletjie oopgemaak het, het ’ n vrou (ek het ongelukkig haar naam vergeet) haar SARIE KOS kom koop. Sy was te opgewonde om te wag tot later. Ek moet ook byvoeg sy het daardie jaar die beste vetkoek-stalletjie by die fees gehad.

Min het ons geweet dat dié eerste uitgawe van SARIE KOS binne twee weke sou uitverkoop. In die kantoor het die telefone aaneen gelui met lesers wat wou weet wáár hulle die nuwe tydskrif in die hande kan kry. Die hele drukoplaag was in ’n oogwink op, met nie ’ n enkele tydskrif oor in die mark nie. Oor die jare het lesers bly vra vir die tydskrif – desperaat vir ’ n uitgawe van ons nr. 1.

Dit het ons laat besluit om nou, nege jaar later, weer SARIE KOS nr. 1 af te stof en op die rak te sit – in ’ n effens ander gedaante. Hier en daar is ’ n paar resepte bygevoeg en is uitlegte verander en meer modern aangebied.

Ek raak skoon #nostalgies as ek deur daardie eerste SARIE KOS blaai. Dit was en bly steeds my gunsteling-uitgawe. Die eerste storie oor Arnold en Annalise Hoon op Paternoste­r lyk anders in hierdie uitgawe, want Arnold kook anders en hul gastehuis het verander, hoewel kuier om die langtafel steeds hul stempel is. Annatjie en Kim Melck van die wynplaas Muratie se kookkuns is basies dieselfde, en veral Annatjie se skaapafval op bl. 38 sal altyd ’ n gunsteling bly.

Ek hoop van harte dat al ons lesers wat nooit die eerste uitgawe kon kry nie, nou gelukkig is. Dis ons Kersgesken­k aan julle! Mag die Kersfees en die nuwe jaar vol vreugde en vrede wees. Lekker rus.

Die volgende uitgawe van SARIE KOS is vanaf 20 Januarie te koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa