Sarie Kos

Saartjie gee raad

My e-pos het behoorlik gegons van al die lekker kosvrae wat julle ingestuur het. Hier is ’n paar waaruit almal iets kan leer. Stuur nog!

- illustrasi­e ROELIEN BOOYSEN

Vir die meeste resepte benodig jy minder as 5 selderysti­ngels.

Geen supermark verkoop seldery in klein hoeveelhed­e nie. Kan seldery gevries word?

Indien wel, sal dit kraakvars wees wanneer dit uit die vrieskas kom?

Maré van der Walt

van McGregor

SAARTJIE

Ongelukkig is seldery nie een van die groentesoo­rte wat jy kan vries as jy dit vars en krakerig wil hê nie. Sou jy dit wel vries, is dit net geskik vir stowegereg­te soos bredie of sop. Om seldery minstens 3-4 dae langer in die yskas te laat vars bly, kan jy

dit toedraai in foelie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa