Sarie Kos

Jou naweek met Defy

Jare lank al is Defy die voorloper op die gebied van oonde. Nou het hulle vorendag gekom met’ n nuwere eks oond bykomstigh­ede wa tjou heelnaweek in die kombuis sal hou om jou mense met heerlike kos te bederf. Skop af met ’n maklike Vrydagaand-pizza . . .

-

MARGHERITA-PIZZA

Die Defy-pizzateël waarop jy die pizza bak, laat dit proe of dit uit ’n vuuroond kom.

Genoeg vir 3 pizzas

45 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 150 ml rooiwyn sout en varsgemaal­de swartpeper 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg 140 g (250 ml) koekmeel 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny 400 g kersietama­ties, gehalveer hand vol vars basiliekru­idblare Plaas die Defy-pizzateël in die oond en verhit oond tot 200 0C. Verhit olyfolie in middelslag-pot tot warm en roerbraai ui en knoffel 3 minute. Voeg tamaties en wyn by en bring tot kookpunt. Kook 8-10 minute of tot dikkerige smoor vorm. Geur goed met sout en peper. Verwyder van hitte. Verdeel deeg in 3 balle en sprinkel koekmeel ruim op werkvlak. Rol deegballe uit in sirkels van so 5 mm dik. Smeer ’n lagie tamatiesmo­or oor elke deegsirkel. Verdeel mozzarella en kersietama­ties tussen sirkels. Sny basiliekru­id in growwe stukke en sprinkel oor. Geur weer met sout en peper. Gebruik die Defy- pizza-houtspaan en lig eerste pizzasirke­l van die werkvlak af op (FOTO 1). Haal warm pizzateël uit oond en skuif rou pizza oor op die teël (FOTO 2). Plaas teël terug in oond en bak 8-10 minute of tot goudbruin en bros. Verwyder uit oond en herhaal proses met oorblywend­e 2 deegsirkel­s. Sit pizzas warm voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa