Sarie Kos

DIE RES VAN JOU NAWEEKPLAN

-

SATERDAGOG­GEND SE LAAT ONTBYT

Bak bevrore winkel-croissants op ’n kleefweren­de Defy- bakplaat – jy was dit ná die tyd sonder moeite skoon. Sit croissants voor met koue vleis en kaas.

SATERDAGAA­ND

Nooi jou vriende oor vir lekker steak en tjips. Met Defy se riffelpan kan jy steak net so smaaklik op jou stoof gaarmaak as in ’n deftige restaurant.

SONDAGONTB­YT

Verras jou gesin met ’n vuurwarm quiche wat jy in ’n kits in die Defy- pizzapan bak. Sit voor met slaai en hulle sal tot middagete kan uithou.

SONDAGAAND

Wie kan nee sê vir oondgebraa­ide hoender? Maak sommer die hoender en die aartappels saam gaar in

Defy se gerieflike oondbraaip­an.

SONDAGFEES­MAAL

Rond die naweek af met maklike kaas-en-ham-broodjies wat jy oop in die oond bak op ’n Defy- bakplaat: ’n sny brood, bietjie mosterd, ham en ’n skyf beleë cheddarkaa­s, goudbruin gebraai onder die oond se rooster-element.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa