MENG EN PAS
Kry ou tweede hands tafeltjies van verskeie groottes en maak hulle langs mekaar staan eerder as om een groot tafel te gebruik. Verskillende vorms maak dit interessant. Gebruik ook stoele wat nie bymekaar pas nie – dit skep ’n lekker informele gevoel.