Sarie Kos

Gevulde forel

-

(bl. 20) In Europa gaan jy vir seker kalkoen of Kersfees-ham op die spyskaart kry, maar veral kalkoen is in die winter nie hier so vrylik beskikbaar nie. Vul salm of forel met die geure van dié Kers-pronkstukk­e om die heerlike gereg hierbo te skep.

Genoegvir6

45 ml olyfolie 200 g gekapte spek 1 groot ui, grofgekap 2 gekapte knoffelhui­sies 6 snye witbrood 1 x 200 g-sak spinasie hand vol pietersiel­ie 100 g pekanneute 50 g (45 ml) botter, gesmelt sout en varsgemaal­de swartpeper 2 forel- of salmfilett­e met vel 1 suurlemoen, in skywe gesny basiliekru­id p est o vir voorsit Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie tot warm in groot braaipan en braai spek, ui en knoffel 2-3 minute of tot spek begin verbruin. Plaas brood, spinasie, pietersiel­ie en neute in voedselver­werker. Pols by hoë spoed tot fyn mengsel. Voeg gebraaide spek en botter by. Meng deur. Geur goed met sout en peper. Sprinkel oondbraaip­laat met bietjie olie en plaas een visfilet met velkant na onder op bakplaat. Gebruik skerp mes en maak 4 kepe in die filet tot teenaan die vel. Skep broodmengs­el op vis en druk stewig vas – maak seker die hele filet is bedek met brood. Sny ook 4 kepe in oorblywend­e filet en plaas met velkant na bo bo-op vulsel (die vulsel is dus tussen die filette). Pak 4 suurlemoen­skywe bo-op vis en bind vis vas met kombuistou (sien foto). Geur met sout en peper. Bak 20-25 minute oop in warm oond of tot goudbruin en gaar. Sit voor met pesto.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa