Sarie Kos

Waar kom soetkoekie­s vandaan?

Kos-ikoon Peter Veldsman vertel

-

Dalk het outydse soetkoekie­s saam met die Van Riebeecks in die Kaap voet aan wal gesit. Ons weet nie. Ek kon wel opspoor dat die resep vir die eerste keer in 1703 in die Nederlande gepublisee­r is. Meel en fyn amandels of amandelmee­l vorm die basis.

Sommige resepte laat val ’n sterker klem op speserye soos kaneel, selfs neutmuskaa­t en gemmer. Ook ’n titseltjie fyn naeltjies. En dan: soetwyn berei van muskaatwyn en soet Hanepoot. Altyd.

En toe ontdek ek dat die koekies – effe anders, meer soos brosbrood – al duisend jaar lank in die Verre Ooste gebak word. ’n Resep waar fyn okkerneute gebruik is, was baie gewild tydens die Ming-dinastie. Dit was ’n koninklike koekie wat op groot skaal in die paleise gebak is.

Die tweede merkwaardi­ge stukkie inligting waarop ek afgekom het, is acibadem kurabiyesi, ’n Turkse weergawe waar die koekies met ’n heel amandel versier word.

Dan is daar nog die fees van die amandelkoe­kie jaarliks op 9 April in Macau, naby Hongkong. Daar word die koekies van ’n mengsel van grondboont­jie- en amandelmee­l berei en die geur word versterk deur ’n teelepeltj­ie amandelgeu­rsel. Die koekie lyk byna soos ’n koekie seep; baie bros, tog aanverwant aan ons eie outydse soetkoekie.

Die oorspronkl­ike Hollandse koekje het ’n lang pad geloop. Daarom outydse soetkoekie. Of dalk kom die “outyds” uit die herlewings­dekade van dertig na veertig van die vorige eeu, toe daar ’n opwelling van nasionalis­me onder ons mense was en die koekie as ere-verheffing tot “outyds” gekroon is.

Outyds of nie, vir my is dit ’n hemelkoeki­e.

“… die koekies is vandag nog ’n

legende in ons familie” Tannie Elizabeth

van Vishoek

 ??  ?? Vir Tannie Elizabeth is bak tweede natuur, soos sy gewys het in die gewilde kykNET-program Koekedoor. As gesoute VLV-beoordelaa­r ken sy elke reël en maatstaf vir die beste gebak.
Ons het Tannie Elizabeth gevra om vir ons ’n lekker soetkoekie-resep te...
Vir Tannie Elizabeth is bak tweede natuur, soos sy gewys het in die gewilde kykNET-program Koekedoor. As gesoute VLV-beoordelaa­r ken sy elke reël en maatstaf vir die beste gebak. Ons het Tannie Elizabeth gevra om vir ons ’n lekker soetkoekie-resep te...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa