Sarie Kos

Cousin Nettie se soetkoekie­s

Die resep is groot, maar die koekies hou lank. Die deeg moet oornag in die yskas rus voor jy dit bak.

-

Genoeg vir 3 dosyn

455 g koekmeel

350 g bruinsuike­r

4 ml koeksoda

115 g botter

4 ml fyn naeltjies

8 ml fyn kaneel

3 ml fyn gemmer

1 eier

75 ml soetwyn

Vryf meel, suiker, koeksoda en botter saam met vingerpunt­e tot fyn krummels vorm – soos klam seesand. Voeg speserye by en meng deur. Voeg eier en soetwyn by. Knie goed. Laat rus oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg tot sowat 3 mm dik uit op ’n meelbestro­oide werkvlak (nie te veel meel nie). Gebruik ronde koekiedruk­ker van sowat 3 cm in deursnee en druk sirkels uit die deeg. Plaas op bakplate wat goed gesmeer is of goed gespuit is met kleefweren­de kossproei. Druk ’n amandel in elke koekie (opsioneel) en bak 8-10 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa