Geu­ri­ge wor­te­len-ko­myn­s­op

Dis heer­lik vul­lend en baie be­kos­tig­baar.

Sarie Kos - - In seisoen -

Ge­noeg vir 6-8

45 ml o­lyf­o­lie

1 ui, baie fyn ge­kap

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap

15 ml vars gem­mer, fyn­ge­ras­per

15 ml Ma­lei­se ker­rie­poei­er

10 ml ko­myn­saad

10 wor­tels, ge­ras­per

2 li­ter hoen­der­af­trek­sel

1 x 400 ml-blik klap­per­room sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

Ver­hit o­lyf­o­lie tot warm in groot pot en roer­braai ui, knof­fel en gem­mer tot geu­rig, so­wat 3 minute. Voeg spe­se­rye by en braai nog 1 mi­nuut. Voeg wor­tels by en braai ver­der vir 5-8 minute. Voeg af­trek­sel en room by en bring tot kook­punt. Kook 10 minute. Ver­wy­der van hit­te en geur goed met sout en pe­per. Ver­pulp tot glad met staaf­men­ger. Proe en pas geur­mid­dels aan. Sit voor met rou ba­ba-wor­tels vir ek­stra teks­tuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.