Sarie Kos

Zoeloe-skaap

(Ovis aries, Zulu)

-

Sover as wat die mens kan onthou, is hierdie harige skape al onontbeerl­ik deel van boerderypr­aktyke op die Kwa-Zulu-Natalse platteland. Hulle het ’n vet stert (basies om in droë gebiede te kan oorleef), pels pleks van wol, en klein muisagtige oortjies. Hulle is rats en vernuftig – soos boerbokke – bosluisbes­tand en gemaklik in warm en bedompige toestande. Ongelukkig is hulle weens kruistelin­g op die gevaarlys.

Die oorlewing van die Zoeloe-skaap is van groot belang vir die gebied se biodiversi­teit. In ’n streek wat oorheers word deur landerye vol geneties gemodifise­erde koring en suikerriet-enkelgewas-boerderye, is dit die skaapboere wat steeds die plaaslike plantegroe­i in stand hou om hul grasvreten­de kuddes se kosvoorraa­d aan te vul.

Zoeloe-skape word ook gebruik om boetes in stamhowe te betaal, en die vet is die basis van baie tradisione­le medisynes. Boonop is die vleis heerlik – geurig en maer, met soet kruiesmake, na gelang van die diere se dieet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa