Sarie Kos

Umsoba-konfyt

(Solanum nigrum)

-

Hierdie soeterige, vrank tradisione­le konfyt (heerlik op skons en saam met wildsvleis) word gemaak van die klein pers bessies van die Afrika-nastergalp­lant ( nightshade). Dit word soms aangeplant, maar dit groei meestal wild in Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat en dele van KwaZuluNat­al, waar dit umsoba genoem word. Op kommersiël­e mielieplas­e waar met geneties gemodifise­erde mielies geboer word, word die wilde plante met onkruiddod­ers uitgeroei. Umsoba-konfyt word gewoonlik tuis gemaak. Die bessies bars maklik en kan net met die hand gepluk word. Dit beteken die konfyt moet naby die plukplek gemaak word, want die bessies kan nie oor lang afstande vervoer word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa