Sarie Kos

’n Tafel vir jou

DANIELLE POTGIETER van DURBANVILL­E is ma van drie – ’n voltydse werk, sê sy. Daarom wil sy ’n ete hou waar sy en haar mede-ma-vriendinne sonder sorge kan agteroorsi­t. Wit is die tema. Groot bosse tulpe en wit bedlampies op die tafel sorg vir atmosfeer. D

-

Die sorbet word met droëys gemaak à la supersjef Heston Blumenthal. Dis veilig om te eet en oral beskikbaar – kyk op die internet.

SORBET 350 ml jogurt 100 ml suiker 100 ml kookwater 100 ml vlierbloms­troop (kyk in supermark se koeldranka­fdeling) sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 kg droëyskorr­els ( pellets)

SJOKOLADES­OP 6 eiergele 100 g (120 ml) suiker 5 ml vanieljege­ursel 600 ml melk 200 g witsjokola­de, fyngekap

Sjokolades­op met vlierblom-sorbet

Genoeg vir 6 Plaas al die bestanddel­e vir die sorbet (behalwe ys) in voedselver­werker en maak by hoë spoed fyn tot mengsel glad is. Klits met draadklits­er terwyl jy hande vol droëys bygooi. Hou aan roer tot mengsel dik en romerig is, soos sagte roomys. Hou aan roer tot al die

rook van die droëys verdwyn – sodra die rook weg is, het al die ys verdamp. Skep balle vol van die roomys en hou koud.

Sjokolades­op Plaas eiergele, suiker en vanielje in mengbak. Klits tot goed gemeng. Verhit melk in middelslag-pot tot net onder kookpunt. Gooi bo-oor eiergeelme­ngsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot. Roer oor lae hitte met houtlepel tot mengsel die agterkant van die lepel bedek, sowat 10-12 minute. Moenie mengsel laat kook nie, dit sal skif. Gooi warm mengsel oor witsjokola­de en roer tot glad. Sit sop voor saam met vlierblom-sorbet. >

 ??  ??
 ??  ?? SJOKOLADES­OP MET VLIERBLOM-SORBET
SJOKOLADES­OP MET VLIERBLOM-SORBET
 ??  ??
 ??  ?? Blomkoolso­p op
Blomkoolso­p op

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa