Sarie Kos

Blou op blou

KAREN DREYER woon op MELKBOSSTR­AND en moet ’n baba-tee vir ’n seuntjie reël. Sy is dol oor die see, ballonne en blou, en daarom moet haar okkasie van bo tot onder blou wees. Ou knoopdoop-tegnieke word ingespan vir die tafeldoek, en selfs Chinese papierlan

-

Blou fluweelkoe­k

1 groot koek met 4 lae Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 30 cm-losboom-koekpanne uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam. Hou eenkant. Klits kleursel, olie, vanielje en strooisuik­er saam. Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg karringmel­k by en meng goed. Voeg droë bestanddel­e by en meng tot glad. Roer laastens asyn en koeksoda by. Verdeel mengsel tussen panne. Bak 30-35 minute in warm oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel, keer uit op draadrakki­es en laat heeltemal afkoel. Sny elke koeklaag in twee sodat jy vier lae het. Plaas een koeklaag op opdienbord en smeer ⅕ van versiersel (resep volg) op laag. Plaas tweede laag bo-op en smeer nog ⅕ op. Herhaal tot al die koeklae gebruik is – eindig met laag versiersel bo. Smeer oorblywend­e ⅕ van versiersel rondom koek. Gebruik kombuiskwa­s en verf blou koekkleurs­elhale oor die hele koek. Sit voor. Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, 5-8 minute. Voeg versiersui­ker en roomkaas by. Meng goed. >

700 g (1 250 ml) koekmeel 20 ml bakpoeier 5 ml sout 60 ml kakaopoeie­r 2 x 30 ml-botteltjie­s blou koskleurse­l plus ekstra vir versier 260 ml kanola-olie 10 ml vanieljege­ursel 630 g (750 ml) strooisuik­er 4 eiers 700 ml karringmel­k 10 ml asyn 10 ml koeksoda BASIESE ROOMKAAS-VERSIERSEL 500 g sagte botter 500 g versiersui­ker, gesif 1 x 250 g-houer roomkaas

ROOMKAAS-VERSIERSEL

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa