Sarie Kos

Met pa wat seun als van die kospotte geleer het, is die kostradisi­e oor die jare in die familie voortgesit

-

aanbod gemaak het om in die nuwe Pretoriase casino-kompleks Time Square (reg oorkant Menlyn Maine) ’n restaurant oop te maak. Dit was vir hom ’n nuwe uitdaging wat hy nie kon weier nie, want hy kon self besluit wat hy daar wou doen.

’n Paar jaar gelede het Forti ’n kleiner, soortgelyk­e projek aangepak met Priva (net bokant sy geliefde ou Ritrovo). Dit is ’n spoggerige laataand-restaurant met sy eie jazz-musiekgroe­p. Fyn kos en gaste wat Pretoria vanaf die balkon geniet, so met ’n martini en oesters byderhand.

Hierop gaan hy nou voortbou. Die nuwe FORTI Bar and Grill in die casino-kompleks, noem hy sy droomplek, sy grootste speelplek nog. Een wat sy groot persoonlik­heid kan huisves – Forti is bekend daarvoor dat hy nie skroom om ’n opera-aria of twee in die restaurant te sing nie. Dis geen verrassing nie, want hy’t destyds klas geloop by operasange­r Joyce Barker!

Vir die man met die gul glimlag wat met uitgestrek­te arms groet, is 2017 inderdaad ’n groot jaar. Maar dis reg so, sê hy, ook dat sy nuwe baba na hom genoem word. Hier waar hy sy eie kop kan volg met sy unieke planne. Hier waar hy ’n teater van kos skep ...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa