Sarie Kos

Sjokolade-enamandelt­ert

(bl. 66) Maak seker jy gebruik regte sjokolade, die verpakking moet sê 70%-kakao of hoër. Genoeg vir 10

-

350 g fyn amandels 60 ml heuning 2 eierwitte 250 ml room 300 g 70%-sjokolade, fyngekap 250 g vars bessies van jou keuse kakaopoeie­r vir oorsif 60 ml moskonfyt vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Meng amandels, heuning en eierwitte saam in ’n middelslag-mengbak. Dit moet die tekstuur van nat seesand hê. Voer ’n 30 cm-losboompan uit met bakpapier en spuit met kleefweren­de kossproei. Gooi helfte van amandelmen­gsel in pan. Gebruik jou vingerpunt­e en druk teen rand van pan vas, al in die rondte tot bo. Gooi res van mengsel in pan en druk stewig vas op die bodem. Jy hoef glad nie presies te werk nie, hoe ruwer hoe beter. Sit in warm oond en bak sowat 15 minute of tot goudbruin. Laat heeltemal afkoel en verwyder pan se ring versigtig. Maak kors los van bodem met slaplemmes en lig versigtig op opdienbord. Gooi room in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en voeg sjokolade by. Roer tot glad. Gooi in gebakte kors en laat stol in yskas. Pak bessies bo-op en sif kakao oor. Gooi bietjie moskonfyt oor net voor jy dit voorsit – dis opsioneel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa