Sarie Kos

8 VRAE VIR

- EDWIN THERON

Jy is SA se eerste Kokkedoort­jie, maar jy moet nog lank op die skoolbanke sit. Wat is jou planne vir die toekoms?

Sjoe, daar is so baie wat ek wil doen. Ek wil graag ’n elektriese ingenieur word, maar ek wil my ook as sjef kwalifisee­r en sal nie omgee om by Capsicum Culinary Studio in Kaapstad daarvoor te gaan leer nie. My droom is om my eie restaurant te besit, waar ek saans my passie vir kos kan uitleef, en bedags verdien ek my brood as ingenieur!

Wat was die ergste en die lekkerste van Kokkedoort­jie?

Die heel ergste was die beoordelin­g in elke episode, maar dit is die lekkerste gevoel as jou naam nie onder die onderste drie deelnemers gelees word nie. Die episode vir entreprene­ursdag was die lekkerste omdat ek kon aantrek soos die “koekiemons­ter”.

Hoekom kook jy graag?

Om kos te maak is vir my soos ’n wetenskapl­ike eksperimen­t, want jy begin met ’n paar bestanddel­e en weet nie noodwendig wat die eindresult­aat gaan wees nie.

Wat eet jy as niemand kyk nie?

McDonald’s – selfs al kyk die mense.

By wie het jy leer kook?

Ek het myself geleer, want ek kom nie juis uit ’n familie met ’n kookkultuu­r nie. My ma werk ongeloofli­k hard, soms tot laat of oor naweke, en daarom het ek besluit om sommer self agter die potte in te spring. Ek het baie Youtube gekyk om tegnieke te leer en om vas te stel hoe om sekere resepte te maak.

As jy my nooi vir ete, wat sal op die spyskaart wees?

Medium-gaar filet met ’n pepersjerr­iesous.

Wie kook die beste: jy of jou ma?

Definitief ek!

Wat is jou gunsteling-bestanddee­l en hoekom?

Knoffel en vars kruie. Enige gereg kan met kruie gegeur word – dit is goedkoop as jy jou eie kruietuin het, en ook baie gesond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa