Satay-hoendervlerkies
(bl. 84) Die sous van grondboontjiebotter is die geheim van hierdie gereg. Maak genoeg en sit die oorskiet voor as doopsous saam met vlerkies.
Genoeg vir 4
8 hoendervlerkies 4 hout-kebab-stokkies 150 g grondboontjiebotter 1 x 400 ml-blik klappermelk 2 rooi brandrissies, fyngekap 1 x 1 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper 2 knoffelhuisies, fyngekap 200 ml sojasous 80 ml olyfolie sout en varsgemaalde swartpeper Verhit oond tot 180 °C. Ryg twee vlerkies per stokkie. Meng res van bestanddele behalwe sout en peper saam tot glad. Pak vlerkies op bakplaat met velkant na bo. Geur goed met sout en peper. Gooi helfte van sous oor kebabs en plaas in warm oond. Oondbraai 25-30 minute of tot hoender goudbruin en gaar is. Sit voor met oorblywende sous en bykos/slaai van jou keuse.