Sarie Kos

Franse lemoen-crêpes

-

(bl. 92) Die crêpe suzette (dun

200 g (250 ml) suiker 420 g (750 ml) koekmeel 2 ml sout 5 ml neutmuskaa­t 1 liter melk 6 eiers 20 ml sonneblomo­lie plus ekstra olie vir braai 10 ml vanieljege­ursel

SOUS 115 g (145 ml) suiker 100 g (110 ml) botter 200 ml suiwer lemoensap (2-3 lemoene) skil van 2 lemoene, in dun repies gesny ( zest) 100 ml brandewyn

pannekoeki­es) uit die tagtigs is by die restaurant­tafel met brandewyn aan die brand gesteek.

Genoegvir8 Sif droë bestanddel­e saam in ’n mengbak. Klits melk, eiers, olie en geursel saam. Voeg by droë bestanddel­e en meng saam tot gladde beslag vorm. Gooi mengsel deur ’n sif om klontjies te verwyder. Verhit kleefvrye 25 cmpan tot warm. Doop kombuispap­ier in ekstra olie en vee vinnig oor warm pan se oppervlak. Gooi ’n bietjie beslag in pan en beweeg stadig in rondte tot hele pan bedek is – probeer pannekoek so dun moontlik maak. Braai ’n paar sekondes en keer pannekoek om. Braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Keer uit op bord en hou eenkant. Herhaal tot al die beslag op is. Vou pannekoeke in driehoeke: eers in die helfte en dan elke helfte nog een keer.

Sous Smelt suiker en botter in groot braaipan (jy moet al die crêpedrieh­oeke saam in dieselfde pan kan pak). Voeg lemoensap en -skil by. Bring tot kookpunt en kook 2 minute. Pak pannekoeki­es in sous, gooi brandewyn oor en wag 10 sekondes. Steek aan die brand met oop vlam – hou vlam so 10 cm bo die pan. Skud pan liggies tot vlamme doodgaan. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa