Sarie Kos

Klassieke SA pannekoek

-

(bl. 95) Die resep kom van ver, my ouma het hom by haar ma gekry. Dis’ n gunsteling in die Lensinghui­shouding!

Genoegvir1­2-14

240 g (430 ml) koekmeel 10 ml bakpoeier 2 ml sout 2 eiers 250 ml melk 250 ml water 5 ml neutmuskaa­t sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen olie om pannekoek te braai kaneelsuik­er en suurlemoen vir voorsit

Sif meel, bakpoeier en sout saam in groot mengbak. Voeg eiers, melk, water, neutmuskaa­t, en sap en skil van suurlemoen by. Klits goed tot gladde beslag vorm. Gooi beslag deur skoon sif om klontjies te verwyder. Laat beslag 30 minute rus in yskas. Verhit kleefvrye pannekoekp­an tot warm. Doop stukkie kombuispap­ier in olie en vee vinnig oor hele binnekant van pan. Skep genoeg beslag in pan om die bodem te bedek. Braai sowat 1 minuut of tot goudbruin. Draai pannekoek om en braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Haal uit pan en skep op skoon bord. Sprinkel kaneelsuik­er oor en rol stewig op. Herhaal tot al die beslag op is. Sit voor met suurlemoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa