Sarie Kos

Anél Potgieter

Sy blog, sy skryf en deesdae is sy ook te sien in VIA (kanaal 147) se bakprogram Bak of brou. Ons het met die bokstert-meisie gesels

- deur HERMAN LENSING

1. Jou blog Life Is a Zoo Biscuit is ’n reuse-sukses. Waar kom die naam vandaan?

Ek was ongeloofli­k neerslagti­g in 2012 nadat hulle my met die aartappelu­itdaging uit die eerste seisoen van

MasterChef SA geskop het. Ek het toe my gunsteling-trooskos, daai kleurryke zoo-koekies, begin eet en kon nie ophou nie. ’n Paar weke (en baie koekies) later het ek wakker geword en besluit genoeg is genoeg, en ek het begin skryf oor kos ... Só het ek my blog lifeisazoo­biscuit. com begin ... op 12 April 2012.

2. Waarom is bak steeds so ’n groot trend?

Ek dink dit het baie met internasio­nale televisie-programme te doen, maar wat my betref, is en sal bak altyd trendy wees. Vir elke spesiale geleenthei­d word daar ’n koek gebak en almal wil hê hul koek moet die mooiste en spoggerigs­te wees.

3. Wat is jou nommer-een-bakwenk?

Volg die resep 100% en weeg al jou bestanddel­e. Maatbekers se mate verskil te veel om dit te gebruik.

4. As jy gebak was, wat sou jy gewees het?

’n Lekker soet, suur, koketterig­e suurlemoen-meringue-tert.

5. Geen bakker mag ooit….

Sê ’n ander bakker se koek is lelik nie.

6. Wat hou die toekoms in vir Anél?

Ek fokus op die oomblik op kosstileri­ng en skryf aan my eerste resepteboe­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa