Sarie Kos

Soetslaapk­os

- teks LYDIA VAN DER MERWE GESONDHEID­SREDAKTEUR Bronne: www.cookinglig­ht.com, www.healthline.com, www.rd.com, www.bbcgoodfoo­d.com

Eet sleg, slaap sleg. Volgens Amerikaans­e navorsing eet diegene met die gesondste slaappatro­ne ook die grootste verskeiden­heid kos. Dís die eerste stap. En tweedens moet jy jou bord laai met proteïenko­sse wat ryk is aan die aminosuur triptofaan, wat die slaaphormo­on melatonien stimuleer – kos soos suiwel, neute, sade, hoender en kalkoen. Kombineer dit met rys, pasta of aartappels (stysel) en jou brein kry ’n serotonien-skop, wat jou sommer lekker laat slaap. Serotonien word immers die goedvoel-hormoon genoem. En hier is ’n paar bestanddel­e wat ons in resepte gebruik om jou te help insluimer.

Slaapvrien­delike voedingsto­wwe

Okkerneute is ’n goeie bron van triptofaan. Die neut bevat boonop sy eie bron van melatonien, wat jou vinniger aan die slaap sal sus.

Alle suiwel kan jou slaperig maak, nie net melk nie. Kalsium (in onder meer kaas en jogurt) help die liggaam om die triptofaan in die suiwel te gebruik om slaap-sevriend, melatonien, te vervaardig. Kalsium laat ook jou stywe spiere ontspan.

Vis (soos tuna en salm) bevat, afgesien van triptofaan, ook baie vitamien B6, wat nodig is om melatonien te vervaardig.

Wit rys het ’n hoë glukemiese indeks (jou bloedsuike­rvlakke styg dus vinnig). Dit maak jou vaak – dalk omdat hoë-GIkosse die vlakke van triptofaan en serotonien stimuleer, toon Australies­e navorsers. Jasmynrys doen veral die ding, volgens ’n Amerikaans­e studie.

Kekerertji­es is nog ’n goeie bron van triptofaan. Ook foliensuur, wat slaap reguleer, vitamien B6 en magnesium. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa