Sarie Kos

Die kersie op ...

… die spyskaart! Onthaal jou geliefdes en vriende met ’n spogmaal – elke gereg boordevol van die soet geure van verleideli­ke kersies. Gebruik dit vars, gedroog of bevrore. Volmaak vir ’n sagte, maar eksotiese lentekuier

- deur HERMAN LENSING bygestaan deur ICA-student MEANDA MILLS foto’s DONNA LEWIS

Spyskaart

Rosé-en-kersie-sangria Kersie-en-pistasiene­ut-graanslaai Kersiebroo­d Alles-in-een-pot-feesvark Kersie-en-nougat-cassata

Kies só

Die kersie moet ferm voel en die vel moet ’n glansende voorkoms hê. Die kleur moet ’n diep wynrooi wees. Die stingel moet nog vas aan die vrug wees, groen en buigbaar.

Soorte

In Suid-Afrika plant ons net die soet kersie, maar wel verskillen­de kultivars daarvan. Die vrug kan in soet en sout disse gebruik word. Jy kan bv. vir Kersfees ’n varkrol glaseer met kersiesous of ’n kersietert maak vir poeding. Die suur kersie word hoofsaakli­k vir kook gebruik. Jy kry dit meestal in gedroogde vorm in ons land. In SA is vars kersies van einde Oktober tot Desember in seisoen. >

Bêre só

Hou vars kersies in ’n lugdigte sluitsak ( ziplock) in die yskas. Moenie vooraf was nie – die skil is bedek met ’n waslagie wat dit langer vars hou. Spoel af net voor jy dit kook of eet.

Kersie-en-nougatcass­ata

Dit het soms op my grootword-tafel op Upington opgeduik, maar dan was ons baie grênd. Ek het eers jare later agtergekom my ma het dit van winkelroom­ys gemaak!

genoeg vir 8 2 liter goeiegehal­te-vanieljero­omys 190 g geglasuurd­e kersies ( glaze) 40 ml amaretto-likeur (amandel) gerasperde skil van 1 suurlemoen 200 g pistasiene­ute, grofgekap 100 g nougat, grofgesny kakao vir oorsif vars kersies en roosstroop vir voorsit Roer roomys met houtlepel tot sag in groot mengbak. Meng res van bestanddel­e by. Skep mengsel in koekpan (volume 3 liter) en smeer gelyk bo. Laat roomys oornag in vrieskas. Haal uit en doop pan vinnig in kookwater. Keer uit op bord. Sif kakao oor. Sit voor met ekstra vars kersies en roosstroop. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa