Sarie Kos

Piesangbro­od

Dis maar nog ’n jongbloedj­ie in ons kosgeskied­enisboeke, maar o, so lekker! Ons het voormalige MasterChef SA- deelnemer Francois Zietsman se bobaas-resep by hom afgebedel. Hetta van Deventer Terblanche vertel waar die lekkerny vandaan kom

- deur HERMAN LENSING foto’s WILLEM LOURENS

Kosmaak is van kleins af al een van Francois Zietsman se grootste liefdes. Ons het die veelsydige jong man in 2014 in die tweede reeks van MasterChef SA leer ken, en toe al was brood bak sy spesialite­it.

“My liefde vir kosmaak en brood kom vir seker van my Hollandse ouma Millie Hooykaas af. Sy het elke dag gebak dat die biesies bewe. Sy was so passievol oor kos dat ek elke vakansie skaars kon wag om vir haar te gaan kuier – 12 jaar oud op ’n bus alleen van Oos-Londen tot in Durban vir ’n lekker kookvakans­ie saam met Ouma. Ek was soggens 5-uur al in die kombuis, reg om by haar te leer.

“Ons het net oor kos en drome gesels. Die beste raad wat sy my gegee het, is om skoon te werk, met liefde te werk, en om daarop te fokus om kos te proe, te ruik en te voel. Volg jou drome, volg jou passie, net jý kan dit maak werk, het sy altyd gesê. ’n Mens is so bevoorreg om twee hande te kan hê om brood te bak. Sonder hande, sonder brood.”

Dis ook by haar dat Francois geleer het om piesangbro­od te bak. Ons het kans gekry om sy eindproduk te proe – en dis hemels (sien resep op bl. 50).

Francois, wat deesdae op Stellenbos­ch woon, beskryf homself as ’n buitelugko­k wat hou van visvang, braai en potjies maak.

As hy nie kook nie, maak hy musiek, net wanneer en waar hy die kans kry – veral op sy geliefde kitaar. >

‘Volg jou drome, volg jou passie, net jý kan dit maak werk’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa