WYN VIR DIE WINTER
Maak die lang winteraande warm met goeie kos op jou bord en lekker wyn in jou glas, soos dié Wolfkloof Shiraz van
Robertson Winery.
Die druiwe vir die wyn is in Maart 2013 geoes en daarna 17 maande lank in 225 liter-vaatjies verouder. Die wyn se diep bessiesmake en volronde mondgevoel
maak dit die perfekte pasmaat vir wintergeregte soos bredies en vleissop. Besoek www. robertsonwinery.co.za
vir meer inligting.