Klein Constantia se soetwyn bly gesog
Die Decanter World Wine Awards vorder jaarliks duisende inskrywings van regoor die wêreld in. Klein Constantia het vanjaar die top-toekenning as Platinum Best in Show vir die Klein Constantia Vin de Constance 2014 gewen – nadat die 2013-oesjaar verlede jaar dieselfde erkenning gekry het.
Dit maak dit dus amptelik een van die beste soetwyne ter wêreld.