Sarie Kos

Switserse rolkoek

-

(bl. 30) My ma het jare terug ’n tuisnywerh­eid op Upington gehad. Van hierdie resep het sy honderde gebak. Vul dit eenvoudig met sjokolade, en karamelkon­densmelk en room wat saamgeklop is. Ek vries myne so effens sodat dit beter vorm behou. genoeg vir 1 rolkoek

50 g (60 ml) strooisuik­er 4 eiers knippie sout 3 ml kremetart 35 g (60 ml) koekmeel witsuiker vir sprinkel 100 g-blok donkersjok­olade, gesmelt 250 ml room 1 x 365 g-blik karamelkon­densmelk 1 x 200 g-pak Marie-koekies, fyngekrumm­el >

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 30 x 20 cm-rolkoekpan uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Klits suiker, eiers, sout en kremetart in elektriese menger se bak tot lig, met ’n dik, skuimerige voorkoms – sowat 8 minute. Sif koekmeel bo-oor eierskuim en vou meel versigtig met metaallepe­l in mengsel in. Onthou, daar is geen rysmiddel in die beslag nie – die lug in die eiers laat dit rys. Gooi mengsel in bakplaat en smeer gelyk. Bak 12-15 minute of tot goudbruin en opgepof. Terwyl koek bak, maak skoon kombuisdoe­k effens klam en besprinkel ruim met witsuiker. Keer gaar koek uit op klam doek en verwyder bakpapier. Begin by 20 cm-sy en rol koek op met doek en al. Laat afkoel in doek. Rol versigtig oop en smeer gesmelte sjokolade oor koek. Klits room tot stywe punte vorm. Vou karamelkon­densmelk in. Smeer mengsel oor koek en rol weer toe, maar dié keer sonder doek. Maak rol toe in kleefplast­iek en vries 2 uur. Sny in skywe en sprinkel koekies oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa