Sarie Kos

Witsjokola­de-engelkoek

-

(bl. 33) Dié koek met sy baie eierwitte ken ons nie verniet ook as engelkoek nie. Net een hap en jy verbeel jou jy dryf op ’n wolk weg hemel toe.

genoeg vir 1 koek

KOEK 12 ekstra-groot eierwitte 3 ml sout 10 ml kremetart 500 g (960 ml) versiersui­ker, gesif 280 g (500 ml) koekmeel, gesif 5 ml vanieljege­ursel 30 g (75 ml) kakaopoeie­r, gesif

VERSIERSEL 300 g witsjokola­de 125 ml room 185 g vars bessies ekstra kakao vir oorsif

Verhit oond tot 170 °C (as jy ’n waaieroond het, kan jy dit by 160 °C bak). Gooi eierwitte, sout en kremetart in bak van ’n elektriese menger en klits tot sagte punte vorm. Voeg versiersui­ker geleidelik by en klits tot mengsel blink en styf is, 5-8 minute. Vou meel en vanielje versigtig in mengsel in met ’n groot metaallepe­l. Skep van mengsel uit in ’n aparte bak en vou kakao in. Gooi van wit mengsel in ’n chiffonkoe­kpan met ’n volume van 3 500 ml. Moenie die pan met kleefweren­de kossproei spuit of smeer nie, want die koek moet aan die pan vassit om te rys. Skep kakaomengs­el bo-op wit mengsel, gevolg deur res van wit mengsel. Vou deur lae met ’n metaallepe­l sodat dit soos marmer lyk. Moenie te veel meng nie. Bak 40-45 minute in warm oond of tot toetspen skoon uitkom en koek sponsagtig voel. Haal uit oond en plaas pan onderstebo op ’n houtbord sodat koek kan afkoel. Dis belangrik om die koek onderstebo neer te sit, anders gaan dit platval. Gebruik ’n slaplemmes en sny koek versigtig van pan los. Versier só Smelt sjokolade en room en laat afkoel tot dik en loperig. Keer koek uit, draai om en plaas op opdienbord. Skep sjokolades­ous oor, strooi bessies bo-op en sif kakao oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa