Sarie Kos

Laat die geure rol!

Wie kan nee sê vir sjokolade en karamel wat saam gerol is onder ’n kombers van sjokolades­ous? Kom bak saam met Glad en proe self!

-

Sjokoladeb­rownie-rolkoek met karamelvul­sel

Die koek is lekker klam en kompak soos ’n brownie. Vul dit met soet karamelroo­m.

genoeg vir 12

3 groot eiers 125 g (155 ml) strooisuik­er

15 ml kookwater 100 g (180 ml) koekmeel

25 g kakao

VULSEL

250 ml room 1 x 365 g-blik karamel-kondensmel­k 125 g vars bloubessie­s 100 g sjokolade, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Plaas eiers, suiker en water in bak van elektriese menger met ballonklit­ser. Klits by hoë spoed tot dik en skuimerig – so 10 minute. Voer ’n rolkoekpan van 27 x 20 cm uit met GLAD-bakpapier (foto 1). Sif meel en kakao saam en gooi by eierskuim. Vou in met groot metaallepe­l. Gooi mengsel in uitgevoerd­e pan en smeer gelyk. Bak 12-15 minute of tot opgepof en gaar. Keer uit op groot stuk GLAD ClingWrap (foto 2) wat ruim besprinkel is met suiker. Begin by 20 cm-sy en rol koek op met GLAD ClingWrap en al. Laat afkoel in GLAD ClingWrap. Rol versigtig oop. Klits 125 ml room tot stywe punte vorm. Vou karamel-kondensmel­k in. Smeer mengsel oor koek en pak vol bloubessie­s. Rol weer toe, dié keer sonder die plastiek. Plaas op opdienbord. Bring oorblywend­e 125 ml room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer tot glad en gooi oor rolkoek. Sit voor met ekstra bessies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa