Bo­bo­tie-frik­ka­del­le in room­sous

Sarie Kos - - Tuis -

(bl .52) Ge­bruik die ba­sie­se bo­bo­tie­maal vleis­meng­sel en maak frik­ka­del­le daar­mee. Dit bak vin­ni­ger gaar en smaak by­na die­self­de. ge­noeg vir 4

1 ui, fyn­ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap 30 ml ker­rie­poei­er 15 ml ap­pel­koos­kon­fyt 30 ml blat­jang 25 ml bruin a­syn 15 ml bor­rie 500 g ma­er bees­maal­vleis 100 ml a­man­del­splin­ters 1 ei­er sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 45 ml o­lyf­o­lie 30 ml ge­roos­ter­de ma­sa­la 1 x 410 g-blik klap­per­melk

Meng ui, knof­fel, ker­rie, ap­pel­koos­kon­fyt, blat­jang, bruin a­syn, bor­rie, maal­vleis en a­man­dels. Voeg ei­er by en meng deur. Geur goed met sout en pe­per. Vorm frik­ka­del­le so groot soos jy ver­kies. Ver­hit o­lyf­o­lie tot warm in braai­pan. Pak frik­ka­del­le in pan en braai 1-2 mi­nu­te per kant of tot goud­bruin. Voeg ma­sa­la en klap­per­melk by. Meng deur en ver­laag hit­te tot sta­di­ge prut. Laat sous 10-12 mi­nu­te prut of tot frik­ka­del­le gaar is. Sit voor met rys en ta­ma­tie­slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.