Dan­kie, A­the­na

Sarie Kos - - In Seisoen - teks ERRIEDA DU TOIT

Die o­lyf is al so lank met die mens dat dit al be­skryf is as 'n smaak ou­er as wyn. 'n Smaak so oud soos koue wa­ter. In die G­riek­se mi­to­lo­gie het Zeus vir sy dog­ter A­the­na en sy broer Po­sei­don 'n skep­pen­de uit­da­ging ge­gee: “Die een van jul­le wat met die mees bruik­ba­re ga­we vir die mens­dom vo­ren­dag kom, kroon ek as be­sker­mer van 'n splin­ter­nu­we stad.” Ar­me Po­sei­don dink nog hy't G­ree­ce's Got Ta­lent ge­wen met sy klie­fen­de blik­sem­straal. Maar nee, die dap­per A­the­na – ook be­kend as go­din van wys­heid en oor­log – steek haar hout­staf in die grond, en dit word ter­stond 'n o­lyf­boom. “Mag die vog van sy vrug al­tyd vre­de, voor­spoed en goeie ge­sond­heid na jul ta­fels bring,” ver­klaar sy en word só hoof­go­din van die stad A­the­ne.

As kind het ek hier­die stuk­kie mi­to­lo­gie ge­ken (ek was 'n vol­slae en­si­klo­pe­die-vraat) lank voor ek my eer­ste o­lyf ge­proe het. O­lyf­o­lie is in my kin­der­ja­re by die ap­teek ge­koop en langs Len­non se le­wens­es­sens en die blik­kie Zam-Buk-salf in die me­di­sy­ne­kas staan­ge­maak. By die eer­ste te­ken van oor­pyn het Ma die o­lyf­o­lie uit­ge­haal.

Die her­in­ne­ring aan my eer­ste o­lyf (in 'n G­riek­se slaai) is veel aan­ge­na­mer as dít wat ek van my eer­ste soen ont­hou. “Dis hoe pers proe," het ek ge­dink (tóé my guns­te­ling­kleur). Plomp, sou­tig, mis­te­ri­eus, ef­fe bit­ter. 'n Smaak vir groot­men­se. My eer­ste soen, daar­en­teen, was so 'n lomp, skeef­ge­plak­te po­ging van 'n ska­me­ri­ge laai­tie. Dit was in kort­pou­se en laat my steeds dink aan warm Mar­mi­te­toe­brood­jies en Wil­son-tof­fies. Net soos wat die soen-er­va­rings be­ter ge­raak het, het die o­lyf-ont­dek­kings ook meer om die lyf ge­kry. Kort voor lank het ek aan groen olywe ge­knib­bel en my ma mal ge­maak om fles­sies peu­selo­ly­we, ge­stop met rooi pi­men­to, te koop. In my tie­ner­ge­moed was dit die top­punt van wê­relds­heid. Olywe het vir my 'n sim­bool ge­word van 'n le­we ver weg van skool­jur­ke; van bruin­ge­bran­de G­riek­se go­de, lang don­ker­kop-I­ta­li­a­ners en vu­ri­ge S­pan­jaar­de.

In my twin­tigs het ka­rak­ter­vol­le de­li­ka­tes­se-win­kels my uit­hang­plek ge­word. Ek het blik­ke o­lyf­o­lies ver­sa­mel met hel­der­kleu­ri­ge prent­jies van seño­ri­tas in kaal­skou­er-bloe­sies. Steeds, al kan ek 'n wye keu­se olywe en o­lyf­o­lie (goei­es en sleg­tes) by my su­per­mark kry, laat dit nie my hart bons soos om by 'n wa­re ous­kool-de­li in te stap nie. Ge­or­ge Wei­de­man het die ge­voel ver­staan, soos dit uit sy ge­dig “De­li” spreek: “bin­ne was 'n vat met fe­ta, 'n sout­kuip met dui­ke­len­de olywe, sa­la­mi's wat soos don­ker­rooi knup­pels van die dak af hang”.

Dui­ke­len­de olywe. Wat kan 'n meer po­ë­tie­se poort tot Me­di­ter­reens eet wees as olywe en o­lyf­o­lie? Met die vrug van die o­lyf­boom maak ek im­mers kos wat ewe mak­lik I­ta­li­aans, S­paans, Frans of G­rieks vlot kan praat. En met ons plaas­li­ke o­lyf­be­dryf wat so vol in die tak staan, praat die o­lyf-of­fers ook A­fri­kaans, soos wan­neer ge­stoom­de wa­ter­blom­me­tjies voor­ge­sit word met ma­yon­nai­se, tuis­ge­maak met 'n land­goed-o­lyf­o­lie uit eie bo­dem.

Olywe en o­lyf­o­lie ken nie klein­maat nie. Jy kook nie daar­mee in knip­pies, kny­pies en kel­kies nie, maar met ste­wi­ge skeu­te, groot­har­ti­ge druip­sels, 'n oop hand en oop ge­moed. Nou­dat die sa­lie­bos geil groei in my krui­e­tuin, kan ek meer ge­reeld dag­oud-brood nu­we le­we gee. Vir in­tin­ti­no con sal­via (ge­braai­de brood met sa­lie) doop ek blok­kies grow­we plaas­brood en sa­lie­tak­kies in sis­sen­de warm fyn o­lyf­o­lie tot dit goud­bruin en bros is. Die stu­die in een­voud word met 'n bie­tjie sout be­sprin­kel en net so vuur­warm ge­ëet.

O­lyf­o­lie is ook deel van my on­feil­ba­re paar­tie-truuk. P­leks van groen­te-cru­dités met 'n treu­ri­ge win­kel­doop­sous as wel­kom­hap­pie, moe­dig ek die to­wer­geu­re van bag­na càu­da aan – prut­tend op 'n fon­due-vlam­me­tjie – om kui­er­gas­te van die voor­hek­kie af in te lok. Vir on­in­ge­wy­des is die eer­ste proe aan dié warm o­lyf­o­lie wat deur­drenk is met knof­fel en an­sjo­vis (bàg­na càu­da be­te­ken let­ter­lik “warm bad”) dik­wels oor­wel­di­gend, maar aan die ein­de vra hul­le al­tyd in die dan­kie­sê-brie­fie vir die re­sep. Dis dan dat ek dink: "Ek sê vir jou dan­kie, A­the­na." >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.