Sarie Kos

ZOLASEFRIK­KADEL- EN- REDIE BOTTERBOON­B

-

Frikkadel-enbotter boon bredie

Sy meng al haar speserye by die maalvleis in om seker te maak alles smaak op sy beste genoeg vir 4

500 g beesmaalvl­eis 30 ml fyn komyn 30 ml fyn koljander 15 ml paprika sout en varsgemaal­de swartpeper 30 ml olyfolie 2 uie, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 10 ml tiemie, fyngekap knippie droë brandrissi­e 30 ml tamatiepas­ta 500 ml beesaftrek­sel 2 lourierbla­re 1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer 80 ml perskeblat­jang hand vol pietersiel­ie, fyngekap mieliepap vir voorsit

Meng maalvleis, komyn, koljander en paprika. Geur goed met sout en peper. Rol frikkadell­e so groot soos jy verkies. Verhit bietjie olie in ’n groot pot en braai frikkadell­e tot rondom goudbruin, 2-3 minute. Haal uit pot en hou eenkant. Gooi res van olie in pot. Roerbraai uie, knoffel, tiemie en brandrissi­e paar minute in warm olie. Voeg tamatiepas­ta by en braai nog 1 minuut, Voeg aftreksel, lourierbla­re, botterbone en blatjang by. Meng deur en voeg gebraaide frikkadell­e by. Verlaag hitte en laat prut 10-12 minute of tot vloeistof met helfte verminder het. Geur goed met sout en peper. Roer pietersiel­ie by. Sit voor met pap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa