Sarie Kos

Koeskoes-slaai

-

(bl. 53) Gee die alledaagse gereg nuwe smaak met gerookte varkrepe wat baie maklik en gou gaar word, en dis bekostigba­ar. genoeg vir 4

45 ml olyfolie 1 ui, gesny 2 knoffelhui­sies, gekap 1 x 2 cm-stuk vars gemmer, fyngeraspe­r 6 varkrepe, in blokkies gesny 45 ml soet sojasous hand vol koljanderb­lare 250 ml kookwater 250 ml koeskoes 1 x 80 g-sak slaaiblare van jou keuse 250 ml jogurt 30 ml mosterdpoe­ier sout en varsgemaal­de swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in groot braaipan. Voeg ui, knoffel, gemmer en vark by. Roerbraai ’n minuut of twee of tot vark begin verbruin. Voeg sojasous by en laat kook ’n paar minute tot vark taai en klewerig is. Terwyl vark kook, gooi kookwater oor koeskoes en laat staan eenkant tot al die vloeistof geabsorbee­r is. Voeg vark en slaaiblare by koeskoes. Meng jogurt en mosterd en voeg dit ook by koeskoes-mengsel. Geur met sout en peper. Meng alles goed. Skep slaai in patroonpan (Bundt) wat met kleefweren­de kossproei gespuit is. Druk effens vas met agterkant van eetlepel. Keer pan om op bord en lig af. Jou slaai gaan nog mooier as op die foto lyk! Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa