ROOMYS R VIR JOU WOEF
Ja, daar’s inderdaad nou roomys vir jou
hond! Ons gesels met Linda van der Walt, eienaar van die onderneming wat Cool Dogs Ice Cream uitgedink het.
1. Waar kom die idee vandaan? Ons werk al sedert 2017 aan die gedagte om ’n unieke bederf vir honde te maak. Ons wou graag roomys ontwikkel wat terselfdertyd lekker is én ’n gesonde alternatief bied.
2. Hoekom is dit gesond? Ons gebruik net die beste A-graadbestanddele: biltong, vryloopeendborsies sonder vel en vars aarbeie. Die jogurtbasis bevat slegs 0,1% laktose (laktose is nie goed vir honde se spysvertering nie). Pleks van witsuiker, word natuurlike versoeters gebruik om die bitterheid van die jogurt teen te werk en te sorg vir ’n heerlike smaak. Ons werk saam met ’n geregistreerde dieredieetkundige om seker te maak die roomys is gesond vir jou brak.
3. Hoeveel geure is daar? Blastin’ Biltong, Dazzlin’ Duck en Swishin’ Strawberry. 4. Hoekom dink jy gaan my hondekinders dit geniet? Dis ’n heerlike peuselding vir honde waaraan hulle nogal lank kan lek, want die roomys word hard gevries. Dis ook goed vir hondjies wat tande kry – hulle kan die roomys bydam eerder as om aan jou meubels te kou.
5. Waar kan ons die roomys koop? By troeteldierwinkels en ook sekere Sparwinkels. Besoek www. cooldog.co.za vir ’n lys verkooppunte of vra jou veearts om ons te kontak.