Sarie Kos

6 interessan­te boetiek-rums in die plaaslike bedryf

-

TIME ANCHOR RUM word in die hartjie van Johannesbu­rg gedistille­er deur Warrick Brown en Shanna-Rae Wilby. Hul unieke manier van rum maak sorg vir Time Anchor se kenmerkend­e klapper-envanielje­smaak, wat dit nommerpas maak vir somerdrank­ies. Besoek www. timeanchor.co.za.

WHISTLER DARK RUM is Vrystaats van oorsprong, waar dit gedistille­er, verouder en gebottel word. As jy meer daaroor oplees, sal jy gou agterkom die mense wat dit maak, glo jy moet die gehalte en geure van die produk geniet: smake van sjokolade, toffie en neute. Besoek whistlerru­m.co.za.

COPELAND RUM word in klein hoeveelhed­e in die Kaap gedistille­er deur James Copeland. Hy gebruik melasse en giskulture wat die rum ’n baie soet geur en tropiese smake gee. Elke bottel word met die hand verpak om seker te maak dit bly uniek. Besoek www.copelandru­m.com vir meer.

INVERROCHE RUM word sewe jaar verouder en die eindproduk het ’n diep donker kleur en ’n heerlike smaak. Die drank word drie keer uit Afrika-melasse gedistille­er voor die verouderin­g in eikehoutva­te begin. Mense wat al Inverroche se bekende jenewer gedrink het, moet die rum ook probeer. Besoek www.inverroche.com.

AGUA ZULU CACHAÇA van Distillery 031 is SuidAfrika se eerste rum wat in die Brasiliaan­se styl gemaak word. Die meeste soorte rum word van melasse gedistille­er, maar vir cachaça word vars uitgedrukt­e suikerriet­sap gebruik. Al die suikerriet vir die plaaslike rum kom uit KwaZulu-Natal. Die wit rum smaak op sy beste verkoel in drankies soos mojito. Besoek www. distillery­031.com/cachaca.

DURBANVILL­E RUM is een van die min plaaslike rums wat koud gedistille­er word uit melasse uit Afrika. Pa-en-seun-span Robert en Eugene Kleyn het hul ondernemin­g begin met rum uit ’n ketel wat hulle self gebou het. Die koue distilleer­proses sorg vir sagter geure, en natuurlike botaniese smake word by die wit rum gevoeg. Besoek www.durbanvill­edistiller­y. com vir meer. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa