Sarie Kos

Al wat ek vir prins Harry en sy Meghan kan sê, is oorweeg gerus ’n eetbare herdenking, want kyk net vir Marie

Van toeka tot nou

- Haai, dis Marie – van toeka tot nou

Toe ek ’n paar jaar gelede in Spanje gewoon het, was supermarkt­e vir my net so interessan­t soos museums. Op ’n dag, omring deur rakke vol eksotiese bestanddel­e en vreemde produkte, tref iets bekends my oog. La Buena María (die goeie Maria). Maar dis mos Marie daai, dog ek. En wat maak ons Marie hiér? Met dieselfde sirkelvorm en kenmerkend­e patroonran­djie, is Marie tot María herdoop.

Ek het dit as vanselfspr­ekend aanvaar dat Marie so eg Suid-Afrikaans is soos Mrs Ball’s-blatjang en Ouma-beskuit, en was salig onbewus dat sy deur adellikes geïnspiree­r is, dat sy al byna honderd en vyftig jaar oud is, en dat sy in omtrent elke uithoek van die aarde geniet word.

Marie-beskuitjie­s is in 1874 deur die Londense bakkery Peek Freans geskep om die huwelik van koningin Victoria se naasoudste seun, Alfred, met Maria Alexandrov­na, die enigste dogter van Rusland se tsaar Alexander II, te gedenk. Dit sou die eerste en laaste keer wees dat ’n Romanov met ’n lid van die Britse koningshui­s trou, en hoewel koningin Victoria haar bedenkinge oor die verbinteni­s gehad het, is die troue met groot swier in Engeland en Rusland gevier.

Voor die verskyning van Marie-beskuitjie­s het Peek Freans growwe skeepskoek­ies genaamd hardtack gemaak – hard, soos die naam sê, maar geskik vir lang seereise en grou, koue winters, met min of geen vars produkte nie. Vandag is ons so bederf met luukse koekies – konfytvuls­els, in sjokolade gedoop en met lekkernye besprinkel – jy kan skaars glo dat die onopgesmuk­te Marie haar wêrelddebu­ut as fyngebak gemaak het. Dit was wel die eerste fyngebak wat op groot skaal geprodusee­r is, maar dit was steeds geskik vir ’n prinses. Die randpatroo­ntjie is deur die versierde vloerteëls in Russiese herehuise geïnspiree­r. En die jong bruid is natuurlik vereer met haar naam op die beskuitjie.

Marie-beskuitjie­s was ’n reuse-treffer in Engeland en het vinnig oor die wêreld versprei. Hoewel patentregt­e in die 1800’s reeds bestaan het, het Peek Freans nie die resep gepatentee­r nie. Wat’ n gelukskoot vir koekie liefhebber­s wêreldwyd, want in 1885 voer Baumann’s Biscuits in Durban reeds die eerste fyngebakma­sjien van Engeland af in. Kort daarna was Marie-koekies van gelykstaan­de gehalte en smaak ook hier beskikbaar. Vandag word die koekies deur ’n magdom maatskappy­e in meer as veertig lande geprodusee­r, en hoewel die naam soms aangepas word, is dit altyd ’n herkenbare weergawe van die oorspronkl­ike Marie.

Benewens die patroonran­djie en die gaatjies rondom die naam bo-op die koekie, het die Marie wêreldwyd dieselfde onpretensi­euse vanieljesm­aak. Vir miljoene mense is dit die perfekte doopkoekie, om gewoon te geniet met ’n lekker koppie tee of koffie. Maar danksy die bros tekstuur, subtiele geur en bekostigba­arheid van die koekie, het Marie haarself as bestanddee­l onmisbaar gemaak. In tertkorse, as strooisel, in fudge, en selfs as ’n verdikker in sop of bredie.

Marie-beskuitjie­s is die spreekwoor­delike leë doek van die koswêreld. Sy kort net ’n knippie kreatiwite­it, ’n lekseltjie dit en ’n raspertjie dat, >

en jy’t ’n nuutskeppi­ng. Dink maar aan die generasies koshuiskin­ders wat die hunkering na hul huiskombui­s met ’n pakkie Marie en ’n blikkie kondensmel­k weggeëet het. Lank voor ons van S’mores geweet het, was Marie’s met ’n vulsel reeds ’n ding. Persoonlik verkies ek twee preutse Marie’s met ’n geil laag romerige botter in die middel. Kosskrywer Sam Woulidge onthou hoe sy as kind haar botterbesm­eerde Marie’s gedruk het tot botterwurm­pies deur die gaatjies gepeul het.

Marie pas by alles van kondensmel­k, karamel, grondboont­jiebotter en heuning tot tuisgemaak­te S’mores met ’n malvalekke­r tussen twee koekies wat vinnig in die mikrogolf gesmelt word. En dan is daar die souterige Marie-maats. Kaas met of sonder botter, Marmite, Bovril en die slaat-my-om-met-’n-kaneelstok­kieligsinn­igheid van kondensmel­k én sardientji­es! SuidAfrika­ners se liefde vir bisarre soet en sout kombinasie­s ken geen perke nie. Nés ons geliefde Marie. Ná byna 150 jaar vind elke generasie nuwe maniere om die beskuitjie op te tert, of in nog ’n resep te inkorporee­r.

Marie was aanvanklik fênsie – in vergelykin­g met die klipharde koekies waarop seemanne hul oorblywend­e tande stukkend gebyt het – maar die ongekompli­seerde bekostigba­arheid van die resep het gesorg dat dit met verloop van tyd ’n stapelvoed­sel geword het.

Kosstileer­der en kookboeksk­rywer Callie Maritz het as dertienjar­ige sy konstante hongerpyne met Marie’s gestil. “Ek het ’n koffiebeke­r gehad waarin ’n Marie presies gepas het. Dan het ek vier op ’n slag in die koffie gedruk en gekyk hoe dit deur die gaatjies syfer, voor ek nog vier ingedruk het. Ek kon so sestien tot twintig inpas tot al die vloeistof geabsorbee­r is, en dan het ek die warm Marie-pap met ’n teelepel geëet.”

Callie se Marie-smake is vandag ietwat meer verfynd. Hy bak graag daarmee ens y gunsteling is“die Koekenaap ”melktert resep in Die Suid-Afrikaanse Melktert versamelin­g, geskryf deur Callie en sy suster, Marie-Louis Guy. Die kors >

bevat ’n mengsel van Marie-krummels en kokosneut, wat ook bo-oor gestrooi word.

Die Spanjaarde was veral versot op Marie. Die Latynse María het ná afloop van die burgeroorl­og in 1939 ’n simbool van ekonomiese heropbou geword. Spaanse bakkerye het massas María’s geprodusee­r om die koringoors­kot te verwerk.

Namate die ekonomie herstel het, is María ook op meer vindingryk­e maniere gebruik. Die beskuitjie word dikwels met ’n lagie vanieljevl­a geëet, maar myns insiens vat Barcelona die koek as dit by María’s kom. Twee beskuitjie­s met ’n lagie vla tussenin word blitsig in melk en dan in eier gedoop, waarna dit in olie gebraai word tot goudbruin. Die warm koekies word dan in kaneelsuik­er gerol! Derduisend­e middernagf­eeste en kerkbasaar­s later, en niemand hier het ooit dááraan gedink nie? Die Kataloniër­s mag maar.

María is ewe gewild in LatynsAmer­ika. In Uruguay word dit met dulce de leche (karamel) en gerasperde kokosneut geëet. In Brasilië week hulle die beskuitjie­s in melk en pak dit in lae met sjokoladee­n-vanieljevl­a tussenin om ’n torta de bolacha (beskuitjie­tert) te maak. Die Iere noem haar Marietta en Noorse Mariekjeks bevat as gevolg van verbruiker­sdruk geen palmolie nie. Plek-plek word ’n karamel- of sjokoladeg­eur-Marie gemaak, maar die oorgrote meerderhei­d lyk en proe soos die oorspronkl­ike beskuitjie.

Die resep bestaan sedert 1874 uit koringmeel, suiker en palmolie of sonnebloms­aadolie, en het ’n subtiele vanieljege­ur. Dis juis die afwesighei­d van botter wat dit vir Spanjaarde so lekker maak, aangesien hulle tradisione­el nie botter eet nie en eerder met olie bak. Die lae voginhoud van 1-6% maak die Marie ’n uitstekend­e doopkoekie, want dit keer dat die dun koekie onmiddelli­k in warm vloeistof verkrummel.

Een van die min lande wat nie aan die gewilde Marie wou byt nie, is Frankryk. Juis omdat dit geen botter bevat, en wanneer dit by gebak kom, verkies die Franse hul koekies bros en botteragti­g.

Baumann’s Biscuits, die oorspronkl­ike vervaardig­er van Marie-beskuitjie­s in Suid-Afrika, het sy naam in 1915 na Bakers Biscuits verander. Bakers Blue Label Marie is steeds die grootste verkoper van Marie-beskuitjie­s in Suid-Afrika. Sou die beskuitjie­s langs mekaar in ’n ry gepak word, vervaardig Bakers 175 km se Marie’s per dag. Die jaarlikse produksie sou 15 keer om die aarde kon draai. Volgens Bakers het die oorspronkl­ike resep van 1885 al geringe veranderin­ge ondergaan, meestal om by nuwe masjinerie aan te pas of wanneer ’n veranderin­g in die gehalte van ’n bestanddee­l dit vereis. Maar die doel is altyd om die beskuitjie so getrou moontlik aan die oorspronkl­ike te hou.

Die bakkers by Peek Freans wou ’n huwelik gedenk, en slaag toe heel per toeval daarin om een van die suksesvols­te resepte nog te ontwikkel. Marie is meer as net ’n handelsmer­k, dit is ’n spesifieke en uiters gewilde tipe gebak. Ek vermoed prinses Maria sou geskok wees met die globale nalatenska­p van haar huweliksvi­ering. Maria was ’n rabbedoe en haar pa se oogappel. Sy was uitgesprok­e en daaraan gewoond om haar sin te kry. Koningin Victoria het haar skoondogte­r se onopgesmuk­theid aanvanklik waardeer, maar albei was hopeloos te hardkoppig om goed oor die weg te kom. Dit het waarskynli­k ook nie gehelp dat haar man, Alfred, heelwat sterker drinkgoed as tee verkies het nie. Maria kon nooit vat kry aan haar nuwe vaderland nie, en sy was nooit so populêr in Engeland soos die beskuitjie wat na haar genoem is nie. Vir haar was Engeland bleek, vervelig en smaakloos. En ek vermoed dat Marie – soos Engeland – nie haar ryk, Russiese smaak bevredig het nie.

Dit was nie ’n gelukkige huwelik nie, maar ironies genoeg word dit 150 jaar later steeds herdenk met elke Marie wat gedoop, verkrummel of gevul word. ’n Teekoppie of kleinbordj­ie met ’n prentjie van Wills en Kate kom nie naby Marie se 150 jaar van globale gewildheid nie. Al wat ek vir prins Harry en sy Meghan kan sê, is oorweeg gerus ’n eetbare herdenking, want kyk net vir Marie!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Prinses Maria Alexandrov­na
Prinses Maria Alexandrov­na
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa