Kortskenkelkerrie
(bl. 16) Bak dit in die oond. Dis maklik en geurig.
genoeg vir 6 45 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngekap 30 ml komynsaad 20 ml fyn koljander 30 ml vinkelsaad 3 lourierblare sade van 6 kardemompeule 45 ml borrie 60 ml masala 60 ml matige kerriepoeier 1 x 200 g-boksie tamatiepuree (passata) 1 x 400 ml-blik klappermelk 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 1 kg kort lamskenkels ( shin) sout en varsgemaalde swartpeper Verhit oond tot 220 °C. Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot tot goed warm – ek gebruik ’n 30 cm-pot sodat die vleis nie so opmekaar lê nie en gouer gaar word. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute of tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute of tot lekker geurig. As dit lyk of die speserye wil begin brand, gooi ’n klein bietjie water by. Voeg tamatiepuree by en roerbraai nog 1 minuut. Voeg klappermelk en tamaties by. Laat weer opkook en plaas lam in sous. Geur goed met sout en peper en plaas met deksel op in oond. Bak 80-90 minute of tot lam goudbruin en gaar is en van die been af val. Sit voor met rys en jogurt.