Sarie Kos

Hoender-tikka masala

-

(bl. 18) Die geheim van hierdie Britse kerrie is om die hoender ’n bietjie oor die kole te braai sodat dit lekker rookgeure en -smake kry.

genoeg vir 6 MARINADE 5 ml fyn naeltjies 30 ml gerookte paprika 30 ml geroosterd­e masala 10 ml fyn komyn sap en gerasperde skil van 2 suurlemoen­e 1 x 2 cm-stuk vars gemmer 500 g ongegeurde jogurt 16 hoenderstu­kke kole vir braai SOUS 45 ml olyfolie 2 uie 4 knoffelhui­sies 2 brandrissi­es, fyngekap 20 ml fyn koljander 20 ml borrie 100 g fyn amandels 2 blikke tamaties 500 ml klappermel­k hand vol vars koljander sout en varsgemaal­de swartpeper Turkse appelkose en gevlokte amandels vir voorsit Meng al die bestanddel­e vir die

marinade behalwe die hoender. Gooi oor hoender en meng goed. Maak bak toe met kleefplast­iek en plaas in yskas. Marineer sowat 3 uur. Plaas al die bestanddel­e vir die sous in ’n voedselver­werker behalwe appelkose en amandels. Verpulp tot glad en hou eenkant. Kry kole lekker warm. Haal hoender uit marinade (maar moenie marinade weggooi nie) en braai hoenderstu­kke 3-5 minute oor warm kole of tot dit mooi goudbruin is met ’n lekker gebraaide voorkoms – dís waar die gereg ekstra geur kry. Voeg verpulpte sousbestan­ddele by marinade en meng deur. Verhit oond tot 180 °C. Gooi sous in oondvaste pot en pak gebraaide hoenderstu­kke in sous. Geur goed met sout en peper. Oondbraai 30-40 minute oop of tot hoender sag en gaar is. Sit voor met appelkose en amandels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa