Sarie Kos

Sjef Zola Nene & Herman se anderste bredies

Zola Nene, TV-sjef en kosstileer­der, is gul, hartlik. Haar kurwes net so ruim soos haar lag. In haar frikkadell­e proe jy al die heilsaamhe­id van die platteland. Herman Lensing, SARIE se kosredakte­ur, sê haar die stryd aan met sy basaar-kerrie, sóét

- teks LYDIA VAN DER MERWE foto’s WILLEM LOURENS grimering SULANI SAAYMAN

DIE UITDAGING Maak warm, huislike kos, troos teen die winterkoue BESTANDDEL­E Botterbone en maalvleis

’n Knypie van haar Zoeloe-kultuur. Skeutjie van die Indiër-kookkuns afkomstig van haar heimat, Durban. Twee jaar as sjef in ’n brasserie in Cheshire, Brittanje. Dís Zola Nene se kos in ’n neutedop. Zola, wat sewe jaar lank die vaste sjef op SABC3 se Expresso Morning Show was (tans is sy net as vryskut betrokke), maak vandag frikkadel-en-botterboon-bredie. Herman noem sy gereg basaar-kerrie, soet, “soos jy dit op die platteland maak. Afrikaanse mense sit mos suiker by als.” Aan Zola: “Jy sal sien as jy na ’n platteland­se troue toe gaan.” (As een van die “bashers” op M-Net se tweede seisoen van Wedding Bashers*, het sy ’n vry sê oor die kos by elke onthaal.)

ZOLA “Ek het die beste pampoenkoe­kies juis by ’n troue op Parys geëet.” Plat-op-die-grond-kos is hul albei se forte. Sy, terwyl sy bestanddel­e in ’n groen pot roer. (Blote toeval dat dit perfek pas by haar rok!) “Ek wil nie een van daai stuffy sjefs wees nie, te cool om regte kos te maak, kos waarmee almal kan identifise­er.” Sy het op George grootgewor­d, maar haar wortels lê in KwaZulu-Natal, waar sy gebore is. Die familiepla­as by Amanzimtot­i lê knus in haar kindertyd se herinnerin­ge. Terwyl die vroue groot familie-etes berei het, moes die kinders uit die kombuis basta. Zola was nietemin altyd blinkoog dáár. Gô (afgelei van Gogo), ouma aan haar ma se kant, het haar die mieliebroo­d se mielies laat fynmaak. Herman kom van Upington, Noord-Kaap, ver-in-die-wêreld. Sy bekkige kosstaaltj­ies word dikwels voorafgega­an met: “My ma ...” HY Hoe beïnvloed jou kultuur jou kos? SY Ek kook graag met tradisione­le Zoeloe-bestanddel­e soos suikerbone, mieliemeel, droë stampmieli­es. Ons eet baie bredies, ek gooi net meer kruie by as wat tradisione­el gedoen word. HY Baie bone? SY Mm ... bone, peule ... Daar is altyd blikkies in my koskas, dit gee bredies meer substansie.

HY My ma sit nooit bone by kos nie, net stampkorin­g by potjiekos. Wat kook jou ma graag vir julle?

SY Sy het in Durban by ’n buurvrou geleer om outentieke Indiese kerrie te maak. Kerrie, brijani. Ek het dit by haar geleer. Nie soet nageregte nie, dis nie deel van die Zoeloe-kultuur nie.

HY Meng jou ma ooit Indiër- en Zoeloe-kosse? SY: Sy maak albei, is ook lief vir stampmieli­es, hoenderpot­e. HY Sal jy dit eet? Hoenderpot­e? SY (rol haar oë) Dis mos wonderlik om aan ’n toonnael te kou! Dit word gewoonlik nie reg gaargemaak nie. As jy dit omdraai en jy kan nog die skurwe dele sien, weet jy dis nie reg gekook nie. HY: My oupa het ’n skaapkop in die grond gebak. Ek kon snags nie slaap nie, want ek sien daai ding onder die grond. Het julle groot familie-etes?

SY My ma kook vir die hele wêreld. En van alles wat ek maak, sê sy: “Ek het dit vir haar geleer.” Selfs al ken sy dit nie.

HY (wys na haar frikkadell­e) Kyk net hoe perfek is hulle, almal ewe groot.

SY Ek’t dit nie gemeet nie, net met die oog gekorrel. Ek sit dit voor met pap, maar rys of brood is ook goed. HY Die geheim van goeie pap? SY Kook dit goed, anders laat dit jou opgeblaas voel. Minstens 45 minute oor lae hitte, jy eet dit met melk.

SY (wys na haar pot) Sien, als in een pot!

HY Min skottelgoe­d. Ek is allergies vir skottelgoe­d was en dieet. Kan ek jou balle proe?

SY As ek joune kan proe. Die frikkadel brand sy mond. Hy blaas hard, sjoe ... sjoe. Verklaar dan: Dit smaak na platteland, lekker, ek kan dit heeldag eet. SY (waarderend vir sý gereg) Heerlik. HY Dis presies wat ek wil hoor! *Kyk uit vir Zola in Wedding Bashers van Oktober op M-Net, kanaal 101, op DStv. Besoek www.zolanene.com. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa