Sarie Kos

Ons praat brood

-

Fermenteer Dit verwys na die proses waartydens die deeg rys en die gis kans kry om te werk. Dit gebeur meestal op ’n warm plek. Maar soms kan jy ook deeg stadig in die yskas laat fermenteer as jy skerper gissmake soek.

Louwarm water Gis is ’n lewende organisme en dis belangrik om dit só te hanteer. As die water waarmee jy die brood meng te warm is, sal die gis doodgaan en die deeg sal nie fermenteer nie. Jou water moet nooit warmer as liggaamste­mperatuur wees nie.

Afknie Die proses waar jy die lug wat tydens die fermentasi­eproses binne die deeg gevorm het, "breek", sodat die gis van voor af moet begin werk. Die deeg word eerder liggies gedruk as intens geknie.

Hol klank ’n Baie akkurate manier om te toets of brood gaar is. Klop liggies met jou kneukel op die kors van die brood. As dit hol klink, is dit gaar. ’n Dowwe diep klank beteken die brood is nie deurgebak nie.

Kitsgis Droë gis het dieselfde samestelli­ng as vars gis (bakkersgis), maar dis meer gekonsentr­eerd en daarom gebruik jy minder. Die meeste kitsgispak­kies is ook verryk met vitamien C, wat die fermentasi­eproses vinniger maak.

Bakkersgis Dis ’n vars vorm van gis wat in ’n bruin klei-agtige blokkie verkoop word. Jy moet meer hiervan as van kitsgis gebruik om brood behoorlik te laat fermenteer en die rakleeftyd is korter as kitsgis s’n. Die gisgeur in die brood is sterker en die deeg fermenteer vinniger.

Suurdeeg Die eerste vorm van gis, voor kommersiël­e gis ontwikkel is. Dit kan verskeie dinge as basis hê, van aartappel, rosyntjies en rogmeel tot doodeenvou­dig meel en water. Die gisproses duur langer, maar die kombinasie van bakterieë en natuurlike gis gee die brood sy unieke suur smaak – vandaar die naam – asook ’n donker kors.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa