Sarie Kos

Toebroodji­ebrood

-

BAK MET KITSGIS

(bl. 19) Die Italianers maak iets soortgelyk­s wat hulle piekniekbr­ood noem. Dis in die 1900’s uitgedink deur Italiaanse families in New Orleans, Amerika, as alles-in-een-ete vir dié van hulle wat hoog in die lug aan bouprojekt­e gewerk het. Dié dat die brood gevul is met alles wat jy nodig het!

genoeg vir 2 groot brode

720 g (1 280 ml) broodmeel 80 g (140 ml) rogmeel 1 x 10 g-sakkie kitsgis 15 g sout 525 ml koue water

VULSEL 350 ml suurroom (crème fraîche) 30 snye parma-ham 30 snye beleë cheddar-kaas 2 hande vol vars basiliekru­idblare Plaas broodmeel, rogmeel, gis en sout in die bak van ’n elektriese menger met ’n deeghaak. Skakel menger aan op medium-spoed en gooi water geleidelik by tot kniebare deeg vorm. Verhoog spoed en knie 10-15 minute of tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat goed gesmeer is met olie – die bak moet 3 keer groter as die deegbal wees. Maak toe met kleefplast­iek en laat op warm plek fermenteer tot dubbel die volume. Herhaal proses nog twee keer. Ná derde rysproses, keer deeg uit op meelbestro­oide werkvlak en verdeel in twee ewe groot stukke. Rol netjiese ronde balle. Plaas elke bal in ’n koekpan van sowat 20 cm diep x 15 cm in deursnee wat goed gespuit is met kleefweren­de kossproei. Laat rys weer op warm plek tot die panne hoogvol gerys is, sowat 20 minute. Verhit intussen die oond tot 220 °C. Sif ekstra meel oor uitgerysde brode en bak 35-40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Gebruik skerp mes en sny brode in skywe (sien foto). Smeer elke skyf met suurroom en pak ham, kaas en basiliekru­id bo-op. Stapel snye weer bo-op mekaar en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa